'N Nuwe era vir Suid-Afrikaanse krieket het aangebreek met die vertrek van 'n aantal topspelers. Die uittrede van die nasionale kaptein, Graeme Smith, Jacques Kallis, een van die wêreld se beste spelers ooit, die strydros-paaltjiewagter Mark Boucher. Hulle vertrek het gekom te midde van 'n aantal omwentelinge in wêreldkrieket. Ondermeer sal die aankondiging dat die swaargewigte Indië, Engeland en Australië, groter besluitnemingsmagte in die Internasionale Krieketraad verkry nuwe uitdagings aan die spel in Suid-Afrika stel. Ons praat met bedryfshoof van The Unlimited Titans, Jacques Faul, en 'n voormalige nasionale speler in toetse en eendagkrieket en huidige TV-krieketkommentator, Boeta Dippenaar, oor die pad vorentoe vir Suid-Afrikaanse krieket.