Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
January 30, 2014Ozrovech gaan Huisgehoot dagvaarDie oud predikant en skrywer, dr. Olly Ozrovech, is in die proses om die Huisgenoot en You tydskrifte te dagvaar weens lasterlike bewerings oor kindermolestering wat hy sou gepleeg het terwyl hy 'n huisvader van 'n kinderhuis was. Sy prokureur, Jaques Louw, verduidelik....more3minPlay
January 30, 2014Hoe moet media bewerings oor molestering hanteer?Die Huisgenoot en YOU-tydskrifte het onlangs beweer dat die bekende oudpredikant en skrywer, dr. Solly Ozrovech, destyds as huisvader van 'n kinderhuis, hom aan kindermolestering skuldig gemaak het. Geen regsproses om 'n klag te lê, is gevolg nie en Ozrovech ontken die bewerings. Marlinee Fouche het gaan uitvind wat die media in sulke situasies mag, en nie mag publiseer nie....more4minPlay
January 29, 2014Gemengde reaksie op De Kock-paroolDie moontlikheid van parool vir Eugene de Kock ontlok uiteenlopende emosies by mense. Die uitvoerende direkteur van die Instituut vir Geregtigheid en Versoening, dr. Fanie du Toit, sê die saak moet nugter in oënskou geneem word....more3minPlay
January 29, 2014Twee dood in betogingsSowat 20 polisielede het gisteraand die geveg van hulle lewe gehad toe 'n skare van ongeveer 1500 betogers hulle in Rhelela buite Tzaneen wou aanval. Die Limpopo polisiewoordvoerder, brigadier Hangwani Mulaudzi, sê hulle enigste opsie was om hulleself teen die betogers te verdedig en ongelukkig is twee mense dood....more3minPlay
January 29, 2014Mlangeni-familie geskok oor De Kock-paroolDie familie van die ANC-prokureur Bheki Mlangeni is geskok oor die moontlikheid van parool aan die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder Eugene de Kock. Mlangeni se broer Lindani sê die familie is nooit hieroor geraadpleeg nie....more3minPlay
January 28, 20143D-drukker bou huis in 20 uurNavorsers aan die Universiteit van Suid-Kalifornië in Amerika skep nuwe moontlikhede vir behuisingsuitdagings danksy die aanwending van 'n 3D-drukker in die boubedryf. Die tegnologie, bekend as kontoervervaardiging, maak dit volgens die ontwerper, dr. Behrokh Khoshnevis van die universiteit se Manufacturing Engineering Graduate Program, moontlik om 'n huis binne 20 uur te bou....more4minPlay
January 22, 2014Verkragtings wek kommerSuid-Afrika steier van die een groot verkragtingskok tot die volgende. Ons het vroeër berig oor die opspraakwekkende saak van 'n negejarige meisie van Delft op die Kaapse Vlakte wat verkrag en daarna aan die brand gesteek is. Kenners is dit eens dat gewelddadige seksuele misdrywe in Suid-Afrika uiters kommerwekkend is....more5minPlay
January 17, 2014Grasie gevra vir Korkie-losprysDie hulporganisasie GIFT OF THE GIVERS het die ontvoerders van Pierre Korkie in Jemen 'n maand grasie gevra om die geld vir die losprys in te samel. Korkie se vrou, Yolande, het gister in Johannesburg 'n dringende beroep op die militante groep gedoen om hom vry te laat. Sy sê hy is 'n baie siek man. Sy is Vrydag deur die groep wat hulle by Al Kaïda skaar, vrygelaat....more4minPlay
January 16, 2014Hoekom het staat miljard rand vir Mala Mala betaal?Prof. Ruth Hall van die organisasie PLAAS, sê 'n derde van die staat se begroting vir grondeise is opgeslurp deur die Mala Mala-grondeis, wat 1 miljard Rand aan die eienaar Michael Rattray besorg het. Dit plaas onhoudbare druk op die grondeiseproses en is nie regtig tot voordeel van die N'wandlamhlarhi-gemeenskap nie....more5minPlay
January 16, 2014Skole se beheerliggameCobus Bester praat met die bestuurshoof van die Federasie van Beheerliggame (Fedsas), Paul Colditz, oor probleme by skole se beheerliggame en ander probleme by skole....more5minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.