Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
February 27, 2014Tim Noakes oor kritiek teen sy eetplanIn weerwil van kritiek teen sy eetplan, sê prof. Tim Noakes dat talle mense getuig van die sukses daarvan. Suid-Afrikaanse mans is veral beïndruk daarmee dat hulle nie van vleis hoef af te sien nie. Maar behels die eetplan regtig tjops, eiers en spek?...more5minPlay
February 27, 2014Boere in Pategonië'n Kaapse film-vervaardiger, Richard Finn Gregory, het onlangs 'n klein deel van sy dokumentêr oor die Afrikaanse boere-gemeenskap in Argentinië vrygestel. Die boere is die nasate van sowat 600 boere-gesinne wat in die vroeë 1900's tydens die Anglo Boere Oorlog na Argentinië ge-emigreer het. Van die boere praat nog Afrikaans......more4minPlay
February 27, 2014Kritiek teen Tim Noakes se eetplanMeer as 40 000 eksemplare van die bekende, maar omstrede boek van prof. Tim Noakes - THE REAL MEAL REVOLUTION - is binne agt weke verkoop. In die boek verkondig Noakes 'n hoë vet, lae koolhidrate-eetplan en hy meen dit gaan die grootste verkoper in die geskiedenis van Suid-Afrika word. Maar nie almal is ewe beïndruk met die eetplan nie....more4minPlay
February 25, 2014Voorskou van begrotingsredeDie minister van finansies, Pravin Gordhan, lewer more sy jaarlikse begrotingsrede in die parlement. Die klimaat waarin die toespraak plaasvind is vanjaar effens anders as vorige jare want dit is kort voor 'n nasionale verkiesing. Om ons te help verstaan hoe dit 'n impak op die begrotingsrede kan hê, praat Anita Visser met die ekonoom Dawie Roodt en die politieke ontleder dr. Piet Croukamp....more18minPlay
February 19, 2014TienerselfmoordVolgens die Suid-Afrikaanse Depressie en Angsgroep (SADAG) oorweeg een uit elke vyf tieners selfmoord. Die direkteur van operasies by SADAG, Cassie Chambers, sê dit is veral tussen die ouderdomme van 15 en 19 dat tieners baie kwesbaar is vir selfmoord. Dit is hoekom bewusmakingsveldtogte in skole gevoer word. Mètzi van der Merwe het so 'n byeenkoms by die Westbury Sekondêre Skool in Johannesburg bygewoon wat deel is van die bedrywighede tydens Nasionale Tienerselfmoordvoorkomingsweek....more5minPlay
February 17, 2014Rex'n Snuffelhond met 'n verskil is op besoek aan Suid-Afrika saam met sy Sweedse eienaar. Terwyl ander honde opgelei word om dwelms en plofstof te vind, kan Rex, die Duitse Herdershond, minerale soos diamante, goud, of enige ander oksied- of sulfieddraende rotse vind. Tanya Krause het hulle op Stilbaai in die Suid-Kaap besoek....more2minPlay
February 11, 2014Politieke ideologieIn die aanloop tot vanjaar se verkiesing sal die poltieke partye hulle handveste bekendmaak. Volgens politieke wetenskaplikes is die meeste partye se beginsels en verkiesingshandveste waarskynlik gebaseer op wat hulle klassieke politieke ideologieë noem. Die drie vernaamste ideologieë is liberalisme, konserwatisme en sosialisme. Jean Esterhuizen het meer hieroor gaan uitvind....more3minPlay
February 11, 2014Wie is links en wie is regs?Wie is links en wie is regs in die Suid-Afrikaanse politiek? Hoe word dit bepaal? En is dit vandag nog 'n akkurate en gesonde manier om mense en hulle partye te etiketteer? Cobus Bester en Anita Visser praat hieroor met Piet le Roux, senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, en dr. Piet Croucamp, senior lektor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Johannesburg....more22minPlay
February 06, 2014Openbare vs privaatvervoerDie stygende brandstof prys het talle motoriste die gebruik van openbare vervoer laat heroorweeg. In Gauteng het pendelaars 'n keuse tussen die Gautrein, minibustaxis en die nuwe Rea Vaya busstelsel. Die vraag bly egter, is dit die moeite werd om die gerief van jou motor prys te gee om op vervoerkoste te spaar? Anita Visser hieroor praat met 'n vervoerekonoom by die Universiteit van Johannesburg, dr. Vaughan Mostert....more10minPlay
February 05, 2014Menshare gebruik vir olielekke'n Suid-Afrikaanse haar- en voorkomstilis se unieke uitvindsel om menshare aan te wend vir olielekkasies maak internasionaal opslae. Die omgewingsvriendelike proses gebruik mens- of hondehare wat in 'n houer saamgepers is. Die mat absorbeer die olie wat weer later uitgepers kan word as deel van 'n herwinningsproses. Die produk is veral nuttig in mynbou en nywerhede waar masjinerie se olielekke opgesuig kan word....more4minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.