Sasol wil 1000 werkers aflê. Telkom sê hy gaan ook 'n klomp mense laat loop. Intussen dreig mynwerkers in die platinumsektor om weer te begin staak, of aan te hou staak en die ekonomie nog verder onder druk te plaas. Brandstofpryse sal waarskynlik volgende maand tot rekordhoogtes styg. Alles aanduidings dat ekonomiese groei en werkskepping onder toenemende druk sal wees. Maar die naweek met die uitreiking van sy verkiesingsmanifes maak die ANC 'n rits nuwe beloftes bekend, onder meer dat hy sesmiljoen werksgeleenthede oor die volgende vyf jaar sal skep. Die party belowe ook landelike ontwikkeling, grondhervorming, voedselsekuriteit en 'n rits ander goed. Cobus Bester praat hierooer met die ekonoom, Dawie Roodt van die Efficientgroep, en die politieke ontleder, dr. Piet Croucamp van die Universiteit van Johannesburg.