Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
May 01, 2014Tradisionele- vs hoftroue'n Spoggerige troue kan jou 'n paar miljoen rand uit die sak uit jaag, terwyl jy teen 'n sakpasprys voor 'n landdros kan trou. 'n Regskenner reken 'n huweliksbevestiging en nodige dokumente is eintlik heel eenvoudig in vergelyking met die troues wat op tydskrifvoorblaaie pryk....more7minPlay
May 01, 2014Sonder bene op 'n motorfietsSy storie word as inspirerend en roerend beskryf - 'n man wat sonder bene om die wereld op sy motorfiets gery en ander gestremdes gemotiveer het. Maar waarom het Dave Barr besluit om sy lewe ten volle te geniet, pleks daarvan om homself jammer te kry?...more5minPlay
April 29, 2014"Musiek gaan oor die boodskap"Dit gaan oor die boodskap en hoeveel mense die boodskap hoor. So verduidelik die kitaarspeler van die Suid-Afrikaanse popmusiekgroep BEATENBERG, Matthew Field. Die baskitaarspeler van die meer alternatiewe musiekgroep ISO, Franco Schoeman verduidelik weer dat aanpassings aan jou musiekstyl onafwendbaar is in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf....more10minPlay
April 28, 2014Huiseienaars spandeer meer aan onderhoudEerste Nasionale Bank se eiendomsagentopname vir die eerste kwartaal wys dat huiseienaars meer geld bestee aan die instandhouding van hulle wonings. 'n Eiendomstrateeg van FNB, John Loos, sê die studie vergelyk die vlakke van onderhoud en opgraderings met die van 2008 en 2009 tydens die resessie....more3minPlay
April 28, 2014Die WindpompDie aktrise Marga van Rooy sê sy het laas met Jans Rautenbach se JANNIE TOTSIENS só iets gesien. Grethe Fox vergelyk die regisseur Etienne Fourie met 'n groot naam soos Manie van Rensburg. Maar waaroor gaan die bohaai oor die Afrikaanse fantasie-fliek DIE WINDPOMP nou eintlik? Volgens RSG se fliekresensent, Leon van Nierop, is dit die eerste keer in 'n Afrikaanse fliek wat wetenskapfiksie, 'n tikkie surrealisme en die mistieke vermeng is....more6minPlay
April 28, 20141994 Verkiesing: 20 jaar laterTwintig jaar gelede het bykans 20 miljoen Suid-Afrikaners geduldig in lang rye en soms vir ure in die son gestaan om te stem in die verkiesing wat van 26 tot 29 April gehou is. Die stempersentasie was 86 persent en daar was minder as 1 persent bedorwe stembriewe. Die man wat in 1994 as voorsitter van die OVK moes sorg dat die verkiesing op glad geoliede wiele loop, was regter Johann Kriegler....more16minPlay
April 28, 2014Internasionale ErfenismaandTerwyl Internasionale Erfenismaand gevier word, is Suid-Afrikaners bekommerd oor plaaslike erfenisterreine wat óf besig is om te verval, óf nie optimaal benut word nie. Die restaurant-eienaar, Lame Ebersohn, sê haar droom is dat Kerkplein in Pretoria - net soos in Europese hoofstede - 'n sakekern sal wees waar mense werk en kuier....more5minPlay
April 25, 2014Melville as toonbeeld van demokrasieDie boheemse voorstad Melville in Johannesburg word deur sommige mense as die vergestalting van demokratiese ideale beskou. Dit is een van die min plekke in die land waar mense van verskillende oortuigings, rasgroepe en geloofstradisies reeds lank voor die afskaffing van apartheid in harmonie saamleef. Die 89-jarige Mienie Breedt woon sedert 1926 in die kosmopolitaanse smeltkroes....more9minPlay
April 23, 2014Verkiesingsdebat 23 April 2014Anita Visser lei 'n verkiesingsdebat op George in die Wes-Kaap. Die deelnemers is Lynn Brown van die ANC, Marius Swart van die DA, Monica Brown van Agang en Derrick Petersen van ICOSA....more1h 23minPlay
April 16, 2014Verkiesingsdebat 16 April 2014Cobus Bester lei die verkiesingsdebat op Kerkplein in Pretoria. Die deelnemers is dr. Pieter Mulder van Vryheidsfront Plus , Anchen Dreyer van die DA en Dan Roodt van Front Nasionaal....more1h 19minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.