Die pa van Springs aan die Oos-Rand wat glo sy vrou en vyf kinders aangehou, aangerand en gemartel het, is gister op 'n webtuiste geïdentifiseer. Daarna het derduisende mense sy foto en naam op sosiale media versprei. Volgens wet, mag 'n beskuldigde in 'n strafreg saak waar minderjarige kinders betrokke is, nie geïdentifiseer word nie, omdat die kinders se identiteit beskerm word. Die direkteur van Media Monitoring Africa, William Bird, waarsku die Jan Publiek.