Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
July 18, 2014Tradisionele inisiasies 3Volgens amptelike statistiek is sowat 31 jong mans reeds dood sedert die tradisionele inisiasie-seisoen begin het. Die kommissie vir die beskerming van kulturele, godsdienstige en taalregte het reeds verlede jaar 'n verslag uitgereik met aanbevelings oor hoe die sterftes voorkom kan word, maar tot dusver is min daarvan geimplementeer....more2minPlay
July 18, 2014Tradisionele inisiasies 2Na aanleiding van die aktivis Guy Lokoti se versoek oor tradisionele inisiasiepraktyke, het Monitor verskeie instansies gekontak om uit te vind wat hulle doen om die aantal sterftes tydens inisiasie te ondersoek....more4minPlay
July 18, 2014Tradisionele inisiasies 1Die afgelope jaar is sowat 162 mans dood tydens tradisionele inisiasiepraktyke. So sê Guy Lokoti, 'n aktivis teen die besnydenisaspek van die praktyk. Hy sê dit is drie keer meer sterftes in een jaar, as by Marikana - daarom voel hy iemand moet iets aan die saak doen. Lokoti is self besny en glo die komplikasies verbonde aan die operasie is die rede agter die sterftes....more3minPlay
July 18, 2014Tradisionele inisiasies 4Die Minister van Gesondheid, dr. Aaron Motsoaledi, het geld bewillig vir mediese dokters om te help met die besnydenisprosedure by geregistreerde tradisonele inisiasieskole. Motsoaledi se woordvoerder, Joe Maila, sê hoewel dit eintlik deel vorm van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele sake se mandaat, kan die regering nie langer toekyk hoe jong mans tydens die inisiasies doodgaan of beseer word nie....more3minPlay
July 16, 2014SAUK oor Afrikaans op TVDie besluit om die Afrikaanse nuus en ander programme van SABC2 na SABC3 te skuif, lok wyd reaksie uit. Ook Monitor en Spektrum se luisteraars wou weet waarom hulle nie meer die nuus om sewe op weeksdae op SABC2 sal kan kyk nie, aangesien SABC 3 in dele van die Noord-Kaap, Oos-Kaap en die Wes-Kaap nie opgevang word nie. Die Afrikaanse bulletin sal terselftertyd op DSTV se kanaal 404 om 19:30 uitesaai word, maar baie van die kykers het nie DSTV nie. Om die besluit en die gevolge te verduidelik praat Cobus Bester met die woordvoerder van die SAUK, Kaizer Kganyago....more9minPlay
July 14, 2014Nuwe bloedtoets vir Alzheimers?Die wêreld se top demensie-spesialiste het Saterdag in Kopenhagen aangekom waar elke moontlike aspek van Alzheimers en die jongste navorsing daaroor voorgelê en bestudeer word. Navorsers van 60 lande sal die jongste teorieë oor Alzheimers met hulle kollegas bespreek, opsoek na die pad vorentoe. Een gerekende wetenskaplike, prof. Simon Lovestone van die Universiteit van Oxford, sal beslis daar wees om sy span se deurbraak oor 'n nuwe soort bloedtoets met sy kollegas te deel....more6minPlay
July 09, 2014FAK oor Die StemOnsensitiwiteit teenoor kulturele simbole sal Suid-Afrikaners verder verdeel en vervreem. Dis die mening van die FAK in 'n mediaverklaring wat die organisasie gister uitgereik het na aanleiding van Die Stem-debakel waar Steve Hofmeyr die lied tydens die Innibos-feeskonsert gesing het. Sowat 45 000 mense het opgestaan om die lied saam te sing. Die besturende direkteur van die FAK, dr. Danie Langner, sê nasies word gebou deur respek en erkenning van beide nasionale en kulturele simbole....more4minPlay
July 07, 2014VarswatermosselsVarswatermossels is in die omgewing van Nieuwoudtville in die Noord-Kaap aangetref. Dit is die eerste keer dat lewende voorbeelde van hierdie diere in die provinsie gevind word. Reginald Witbooi het die Oorlogskloof Natuureservaat in Nieuwoudtville besoek…...more4minPlay
July 03, 2014Natuurlike gasSuid-Afrika is een van die Afrikalande wat voordeel sal trek uit die ontdekking van natuurlike gas in Mosambiek en Tanzanië. Hierdie en ander verwikkelinge is vandeesweek by die sogenaamde "Gas Monetisation"-beraad in Maputo bespreek. Kenners in die energiesektor van regoor die wereld het die beraad bygewoon....more3minPlay
July 01, 2014Monitor 40 jaar op lug - 3Dis vandag Dinsdag 1 Julie 2014 en dit beteken dis Monitor se vierde dekade op die lug ná 'n stroewe begin in 1974 toe luisteraars van die destydse Afrikaanse diens, niks lus was om Fanus Rautenbach se FLINK UIT DIE VERE te verruil vir 'n vroegoggend aktualiteitsprogram nie. Gelukkig het die houding oor die jare verander - 'n bietjie soos die program self. MONITOR het heelwat scoops gekry - een daarvan was toe die bekende 78-jarige aktrise, Wilna Snyman, in September verlede jaar vir die eerste keer in die openbaar onthul het dat sy aan Alzheimers ly…...more9minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.