Dit is nie soseer wie nie, maar waarom. wat die vraag is wat die 53-jarige Dirk Heyns homself steeds afvra, 20 jaar na die moord op sy pa, die N.G. Kerk moderator, prof. Johan Heyns. Half agt die aand van 5 November 1994 was die week twintig jaar gelede dat die 66-jarige Johan Heyns in sy TV-kamer in sy Waterkloofhuis voor sy kleinkinders, Johan, Theo en Hannes vermoor is, toe 'n sluipskutter deur die venster op hom gevuur het. Monitor het destyds die eerste onderhoud met die Heyns gesin gekry toe Hane Koster Heyns se jongste seun, Dirk, vir sy reaksie op die moord gevra het.