Die vervaardigers van die plaaslike rolprent, Leading Lady, het vandeesweek gehoor dat die fliek aanstaande jaar, tydens die somervakansie, in die VSA versprei sal word. Die groot nuus kom nadat hulle tot uiterstes moes gaan om figuurlik die groot berg met die Hollywood-teken op, uit te klim. Die tog het hulle kredietkaartlimiete tot die uiterste beproef! Die regisseur, Henk Pretorius, moes ook heelwat hase uit die hoed trek om internasionale akteurs vir die Afrikaanse storie te werf.