'n Groep vroue, waarvan heelparty onlangs deur traumatiese ervarings moes werk, neem gereeld deel aan bewaringstoerisme om hulle selfvertroue terug te wen, en stewige ondersteuningsnetwerke te bou. Marlinée Fouché het saam met die groep op een van hulle uitstappies gegaan, om te hoor hoekom ruimtes soos dié, waar slegs vroue toegelaat word, so belangrik is. Hulle het saam met 'n wildsveearts uitgegaan, om te sien waarmee hulle daagliks te doen kry.
Foto: Diane Logi (Die buffel in dié foto is nie dood of beseer nie - hy is 'n bedaarmiddel toegedien, sodat sy horings gemeet kon word)