Die hoë kommissaris van Australië in Suid-Afrika, Gita Kamath, het vroeër vanoggend 'n gedenkteken in Driefontein naby Bloemfontein onthul. Dit gedenk die Australiese, Britse en Walliese soldate wat tydens die Anglo-Boereoorlog gesterf het. Weldoeners uit Australie het al die kostes gedek om die gedenkteken op te rig. Die kurator van die Talana Militêre museum in Dundee, KwaZulu-Natal, sê hulle het 30 jaar gelede toeriste op toere van die Suid-Afrikaanse slagvelde begin neem, en dat die Anglo-Boereoorlog toer die gewildste onder Australiërs is. Anna-Marie Jansen van Vuuren het vir McFadden gevra waar hierdie groot belangstelling in die Anglo-Boereoorlog onder Australiers vandaan kom......