Seks, geweld, naaktheid, en kras taalgebruik speel 'n rol as 'n ouderdomsbeperking toegeken word. Die Film en Publikasie-raad het in die onlangs onder skoot gekom toe hulle onder meer vir die film, "Dis ek, Anna", 'n 16-ouderdomsbeperking toegeken het, en ook eers "INXEBA" as volwasse inhoud geklassifiseer het. Maar watter kriteria word gebruik as hulle die toekennings maak? Anna-marie Jansen van Vuuren het by die klassifikasie-bestuurder van die Film en Publikasieraad, Riana Botes, gaan uitvind.