Nóú pra’ jy
Download on the App Store

Nóú pra’ jy episodes

  • Chris Chameleon: Kokaïne in die pap
    Deur Chris Chameleon
    Dis toe dat ek die regte vrae begin vra het, vrae wat die knoop tussen die baksteen en die voet losgemaak het en die waarheid soos ʼn lyk wat nie gevind moes word nie, na bo laat dryf het
    8 min
  • Chris Chameleon: Die wêreld brand en ek hoor ʼn gejuig
    Deur Chris Chameleon
    Die werklikheid van geweld lê selde in die oomblik van geweld (uit eie ervaring weet ek dat ʼn mens dan nie veel voel of dink nie). Die werklikheid van geweld lê in die nadraai: verminking, verbrokkelde familie, trauma en die gruwel van die dwangdood.
    7 min
  • Van Mandela na Trump
    Deur Freek Robinson
    Suid-Afrika was met die oorgang na demokrasie in 1994 ʼn boesemvriend van die VSA. Drie dekades later is die Amerikaanse president, Donald Trump, op slegter voet met Suid-Afrika as ooit vantevore.
    6 min
  • Chris Chameleon: As alles verander, behalwe die nukke
    Deur Chris Chameleon
    Dit het soms dalk kon lyk na ʼn begeerte om bloot anders te wees, maar met die wysheid van terugskouing kan ek sê die andersgeit was reeds dáár, die anders wéés was ʼn aanpassing by die onvermydelikheid van die andersgeit. Dis mos maar menslik om soms die onvermydelike te regverdig, uit hoofde van die onmag om iets daaraan te doen. Dit word ʼn geval van “as ek nie teen die stroom na die bestemming van my wil kan swem nie, sleur die stroom my mee en besing ek die bestemming daarvan asof dit my eie wil is”.
    7 min

About Nóú pra’ jy

From the publisher's feed

Op Maroela Media se debatsplatform, "Nóú pra’ jy", word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.