Johan van Lill is by die British Educational Training and Technology Show in London, en gesels met internasionale kenners en Riaan Vlok, hoof van tegnologie by die Curro Skole-groep, oor die jongste tegnologiese ontwikkelinge en tendense vir die klaskamer. Waarvan moet ons as Suid-Afrikaners kennis neem, en watter tegnologie word nou wêreldwyd in klaskamers gebruik.