Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Ons en die Onderwys:How many episodes does Ons en die Onderwys have?The podcast currently has 707 episodes available.
September 28, 2019Ons en die onderwysJohan van Lill praat met Handri de la Harpe oor die waarde van sagte-vaardighede vir leerders om hulle toe te rus vir die wêreld van werk en universiteit. Hoe gemaak as 'n leerder eerder 'n gapingsjaar wil neem as om dadelik te begin studeer of werk?...more22minPlay
September 21, 2019Ons en die onderwysJohan van Lill praat met Marnelda de Beer oor hoe om 'n leesstuk op die regte vlak vir leerders te kies om leesbegrip te bevorder. En Bruce Collins, 'n onderwyskundige, vertel van sy ervaring met tegnologie in die klaskamer....more21minPlay
September 14, 2019Ons en die onderwysJohan van Lill praat met Marga Botha van AROS oor haar doktorale studie wat handel oor die welstand van onderwysers. Wat kan onderwysers doen om na hulle eie welstand om te sien?...more20minPlay
September 07, 2019Ons en die onderwysJohan van Lill praat met Alta Graaf, die nuutaangestelde operasionele hoof van die MOS-projek, oor die impak van die Vierde Nywerheidsrewolusie op onderwys en opleiding. Wat is die tendense in onderwys waarvan opvoeders moet kennis neem?...more24minPlay
August 31, 2019Ons en die onderwysJohan van Lill kyk na die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) wat volgens die Onderwyswet in alle publieke hoërskole verkies moet word, en ook op die skoolbeheerliggaam verteenwoordiging het. Ben Feirreira van Fedsas lei gereeld skole hierin op, en gee wenke oor hoe om die verkiesing glad te laat verloop....more17minPlay
August 24, 2019Ons en die onderwysJohan van Lill kyk na sport, wat nie net 'n groot aanwins vir skole kan wees nie, maar ook 'n gif kan word wat die skool toksies kan maak as dit nie reg bestuur word nie. Danie Brink van die Skoleondersteuningsentrum gee vir wenke oor hoe om sport 'n vitamine vir jou skool te maak....more21minPlay
August 17, 2019Ons en die onderwysDis tyd vir skole om te begin beplan vir 2020. Johan van Lill praat met Paul Colditz en Jaco Deacon oor wat skole in gedagte moet hou tydens hulle beplanningsessies....more24minPlay
August 10, 2019Ons en die onderwysJohan van Lill praat oor Nasionale Wetenskapweek, en lê besoek af by 'n onderwyser en 'n groep leerders om te hoor hoe hulle die vak fisiese wetenskappe ervaar....more21minPlay
August 03, 2019Ons en die onderwysJohan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur, 'n onderwyskundige, oor die uitdagings van leesonderrig in skole, spesifiek waarmee plattelandse skole mee te doen kry....more20minPlay
July 27, 2019Ons en die onderwysJohan van Lill praat met dr. Lourens Erasmus oor die uitdagings en voordele daarvan om aanlyn vir 'n onderwyskwalifikasie te studeer. Opleiding van onderwysers is voortdurend aan die verander, en die moontlikhede van aanlynopleiding kan 'n groot bydrae maak om meer onderwysers beskikbaar te maak vir die professie....more20minPlay
FAQs about Ons en die Onderwys:How many episodes does Ons en die Onderwys have?The podcast currently has 707 episodes available.