Johan van Lill praat met Stoffel Goosen, 'n onderwyskundige, oor 'n nuwe geleentheid vir leerders om reeds aan die einde van Graad 9 'n beroepsgerigte kwalifikasie te kan verwerf. Voorheen kon leerders dit net volg by 'n naskoolse Kollege, maar nou is dit moontlik om 'n kwalifikasie te verwerf soortgelyk aan matriek, maar met die voordeel dat jy dadelik in daardie rigtig kan spesialiseer of verder studeer.