Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
"Podlitiek" is 'n weeklikse politieke podsending wat nuusgebeure en kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek.... more
FAQs about Podlitiek:How many episodes does Podlitiek have?The podcast currently has 150 episodes available.
June 10, 2021Podlitiek: LP’s kry ‘swaar’, Clover vlug-gevaarPodlitiek is terug en die week is Hermann Pretorius, Ernst van Zyl en Paul Maritz in die virtuele ateljee, met drie stories en meegaande analises wat jou as luisteraar aan die dink en aan die praat sal kry. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook...more30minPlay
June 03, 2021Podlitiek: Sonder werk, steeds ingeperk en Malema haat nog sterkOnder normale omstandighede sou ’n verslag wat meld dat meer as 70% van ’n land se jeug werkloos is, parlementslede van ’n kontinentale parlement wat mekaar dreig met moord en ’n Rampbestuurswet wat al tot 400% van sy toegelate strekking verleng is, skokgolwe deur die land stuur - maar hierdie is nie normale omstandighede nie. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook...more36minPlay
May 27, 2021Podlitiek: Staat wil jou wapens kom haal, Mkhize-tenderskandaalIn die week se episode gesels die Podlitiek-span oor die voorgestelde wysigings aan die Wet op die Beheer van Vuurwapens en die nuutste korrupsieskandaal waar by Zweli Mkhize, minister van gesondheid, betrek word. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook...more33minPlay
May 20, 2021Podlitiek: NGV-malheid en Poskantoor-skokbeleidIn die episode is Paul Maritz en Hermann Pretorius aan die stuur van sake, en hulle ondersoek die nuutste oor die Nasionale Gesondheidsversekering (NVG), sowel as die Poskantoor wat vir homself ‘n monopolie op pakkies onder 1kg wil skep. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook...more40minPlay
May 13, 2021Podlitiek: Die Ace-sage, aanspreeklike amptenare, valse rassisme-skadeIn die week se episode bespreek die Podlitiek-span die jongste verwikkelinge rondom Ace Magashule, die kwessie van water en sanitasie in Koster en die saak van twee polisiebeamptes wat ontslaan is weens valse klagtes van rassisme. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook...more35minPlay
May 06, 2021Podlitiek: Modise-saak faal, ANC-werkers nie betaal, borgtog in Mkhondo-moordverhaalIn hierdie week se episode bespreek die Podlitiek-span die saak van Thandi Modise wat van dieremishandeling aangekla is, ANC-werkers wat nie betaal word nie en die Piet Retief-hofsaak. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook...more29minPlay
April 29, 2021Podlitiek: Toerismefonds gevries, almal vir Kubane vies en Zille-boek nuusIn die week se episode bespreek die Podlitiek-span die hofuitspraak rakende die rassistiese toerismefonds, die Kubaanse ingenieurs wat verlede week in Suid-Afrika aangekom het en voormalige DA-leier Helen Zille se nuwe boek. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook...more25minPlay
April 22, 2021Podlitiek: Toerismefonds-grief, chaos in Piet Retief, nóg Kubane ingevliegIn hierdie episode van Podlitiek is Ernst van Zyl en Paul Maritz in gesprek. Die onderwerpe wat ter sprake kom, is die chaos wat in Piet Retief plaasgevind het, die teleurstellende stand van die toerismehulpfonds en die nuus dat nog Kubane ingevlieg is om Suid-Afrika te kom “help”. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook...more32minPlay
April 15, 2021Podlitiek: SEB raak rof, ANC-kaders teiken hof en Mkhize staak entstofIn die week se episode bespreek die Podlitiek-span die jongste rakende swart ekonomiese bemagtiging, die onlangse beslissing rakende John Hlophe en Suid-Afrika wat die toediening van die J&J-enstof tydelik gestaak het. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook...more36minPlay
April 08, 2021Podlitiek: Verkiesings moet gebeur, ivermektien goedgekeur en petrolprys klim weerIn die week se episode gesels die Podlitiek-span oor vanjaar se munisipale verkiesing, die hofsaak oor ivermektien en die petrolprys wat 'n rekordvlak bereik het. Podletiek op Maroela Media · Podletiek op Facebook...more41minPlay
FAQs about Podlitiek:How many episodes does Podlitiek have?The podcast currently has 150 episodes available.