Radio Scriptura

Radio Scriptura

Download on the App Store

Radio Scriptura episodes

  • Die Tien Gebooie: Die Eerste Gebod

    Die hart van die mens neig tot afgodery, en plaas homself graag bo God. Maar nadat Hy ons red, leer Jesus vir ons die eerste gebod. "Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod." En in Eksodus 20 , " Jy mag geen ander gode voor My aangesig hê nie. Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en My gebooie onderhou." Wat beteken die eerste van God se tien gebooie vir ons, en waarom moet ons elke dag poog om dit te gehoorsaam?

    30 min
  • Luisteraarsvraag: Kunsmatige Intelligensie

    Met watter wêreldbeskouing benader ons tegnologie en kunsmatige intelligensie? Kan ons God daarmee verheerlik of is dit net sleg? Scriptura bespreek 'n luisteraar se vraag en stelling oor AI tegnologie net inleidend om sin te maak van die punt waar ons tans daarmee trek. Daar is baie etiese vrae wat voortvloei vanaf tegnologiese ontwikkelings, en dit kan weer in die toekoms hierdie gesprek oopmaak met meer besonderhede.

    35 min
  • Die Tien Gebooie: Die Evangelie van die Wet

    Wat word deur die wet belig? Plaas die wet 'n ondraaglike las op gelowiges? Waarin lê ons redding werklik? Wat moet die gelowige se verhouding tot die wet wees? In die derde aflewering van die tien gebooie reeks gesels Scriptura oor die evangelie wat ons red, omdat die wet nie kan nie.

    32 min
  • Perspektief: Julie 2023

    In Perspektief gesels Scriptura oor twee films naamlik Sound of Freedom en Barbie, asook oor die beplande Nasionale Gesondheidsversekeringsfonds.

    45 min
  • Die Tien gebooie: Drievoudige toepassing van die Wet

    Scriptura bespreek in meer diepte die drievoudige toepassing van die wet. Wat is die verskil tussen die drieledige aard van die wet teenoor die drie toepassings of gebruike van die wet? Hoe pas ons die wet vandag op ons eie lewens toe? Wat is die konsekwensies en gevolge van wetteloosheid? Wat is die etiese kwessies van ons tyd vanweë wetteloosheid in die samelewing?

    32 min
  • Die Tien Gebooie: Die Mosaïese verbond as bediening van genade

    Episode 1 van 'n nuwe reeks oor die Tien Gebooie. Scirptura kyk na die Mosaïese verbond as bediening van genade. Wat is sonde, en kan gehoorsaamheid aan die wet ons red? In God se groot genade het Christus gekom om ons sondeskuld te betaal, sodat ons gered kan word. Is die tien gebooie dan nou nie meer van toepassing op ons nie? Waarom wil ons die wet nie meer hoor nie? Wat is die drie gebruike van die wet?

    36 min
  • Perspektief: Junie 2023

    In Perspektief van Junie 2023, kyk Scriptura na drie sake in die nuus, naamlik die boikot aksie teen Woolworths oor LGBTQ produkte, die "real housewives" van die wynlande televisie-reeks , en die regering se skikking met Solidariteit oor rasooreenkoms vir regstellende aksie in Suid-Afrika.

    44 min
  • Predikante, teologiese opleiding & die Gereformeerde Teologiese Akademie

    In 'n onderhoud met professor Dolf Britz gesels Scriptura oor die vereistes vir 'n goeie teoloog. Wat is die werk van 'n predikant? Watter karaktereienskappe en vaardighede moet 'n predikant hê om sy werk tot eer van God en tot heil van die gemeente te beoefen? Hoe dien teologiese opleiding om dit te kweek en te ontwikkel? Is universiteite 'n produk van christelike tradisie?

    59 min
  • Pastoraal: Narsisme

    Narsisme is selfverliefdheid. Is daar hoop dat 'n narsis kan bekeer, en hoe? Hoe gemaak as jy in 'n verhouding is met 'n narsis?

    31 min
  • Luisteraarsvraag: Intercession?

    Is bybelse voorbidding dieselfde as "intercession"? Die woord van God roep gelowiges op om te bid tot ons hemelse Vader, en om alleen of in christen groepe in gesprek te tree met God vir alle geestelike en liggaamlike behoeftes, en in alle omstandighede. Maar hoe definieër ons voorbidding, en is die lering vir alle denominasies dieselfde? Wat is die onbybelse slagysters van hedendaagse "intercession"? Is mensgerigte of mistiese voorbidding tot die nut en saligheid van medegelowiges? Waarin of in wie lê die krag van gebed dan eintlik? Wees aangemoedig om saam te bid, maar tog waaksaam te wees en te onderskei tussen waar en vals. Jesus Christus is ons enigste middelaar wat vir ons kan intree by die Vader, omdat Sy bloedoffer volmaak is.

    42 min

About Radio Scriptura

From the publisher's feed

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense…