Radio Scriptura

Radio Scriptura

Download on the App Store

Radio Scriptura episodes

  • Pastoraal: Selfmoord

    Die pyn wat ons in hierdie lewe ervaar is soms te groot om menslik te hanteer. In ons swaar en in ons seerkry is God ook genadig en getrou. Hy bly ons enigste ware hoop en ons toevlug in alle omstandighede.

    37 min
  • Perspektief: Mei 2023

    Scriptura gesels vandag oor vier onderwerpe in die nuus wat 'n impak op ons getuienis mag hê. Wat is die "Woke ideologie" besig om te doen? Kanada se genadedood wetgewing. Het Suid-Afrika se regering wapens aan Rusland verskaf? Hoe moet ons ekonomiese druk en hopeloosheid benader en hanteer?

    32 min
  • Pastoraal: Medelye en Empatie

    Wat is medelye en empatie? Hoe moet christene empatie wys sonder om self ook deel van die probleem te word? Hoe tree ons simpatiek op om bybelse lig te werp op die beproewings en uitdagings? Wat leer ons uit die bybel oor medelye as ons spesifiek na Jesus se lewe kyk?

    30 min
  • Pastoraal: Drankmisbruik

    Kultureel en sosiaal het drankmisbuik so aanvaarbaar geword dat dit selfs ook in ons kerke ingesluip het. Vrye gebruik van alkohol in ons huise, skole, by die werk en sosiaal is besig om Suid-Afrika letterlik en figuurlik te versuip. Ons land is een van die grootste verbruikers van alkohol ter wêreld, en dronkenskap is 'n massiewe probleem op alle vlakke van ons samelewing. Is drankmisbruik 'n valse ontvlugting, 'n wye vergryp en 'n geheime afgod? Dit mag wel al drie wees, maar alkohol is op sig self ook nie die probleem of die antwoord op ons lewenskwessies nie. Wyn en bier is nie die sondaar nie. Sonde en gebrokenheid is die werklike probleem. Jesus is die volkome verlossing en vervulling van die mens se hart, en die bybel roep ons op tot nugter denke om ons lewenskoers op aarde te hou. God se genade is vir ons genoeg.

    35 min
  • Pastoraal: Werkolisme

    Wat is jou werk vir jou werd? Is jou werk die middelpunt of die rede vir jou bestaan, of is dit iets waarmee jy God dien en ook daarvan kan rus in God? Wat dryf jou? Wat regeer jou lewe? Wat is die bybelse beginsels vir werk en waarin kan gelowiges rus?

    36 min
  • Perspektief: April 2023

    Scriptura gesels oor twee nuusgebeure wat tydens April 2023 plaasgevind het. Die kruistog gehou op Goeie Vrydag in Vredefort - kan ons vir God iets teruggee as bewys dat ons Sy genade dankbaar is, of is Christus en die lewendige verkondiging van die evangelie genoeg vir die kerk? En die NG Kerk Vrystaat bly vir eers deel van hul Algemene Sinode, en wil werklik nog in gesprek gaan oor die bestaan van die bose, en die ontmitologisering van Genesis 1 tot 3.

    39 min
  • Pastoraal: Hulp vir transgender kwessies

    Hoe help ons iemand wat met transgender kwessies worstel? Het jy die gevoel of 'n innerlike stryd dat die geslag waarmee jy geskep is, nie jou ware identiteit is nie? Onthou daar is genade in die Here. Die evangelie en die blydskap oor ons verlossing is ons hoop in Christus en dit is tot jou redding. Die Heilige Gees help ons om te breek met ons ou lewe. Soek die Here in jou stryd - vas en bid, vra God vir verlossing daarvan. Vertrou God om jou te verlos van jou sondige begeertes, want Hy is getrou aan Sy beloftes aan Sy kinders, en Hy bring herstel.

    31 min
  • Pastoraal: Boelie

    Wat is boeliegedrag? Hoe moet ons dit hanteer en aanspreek in skole en in die samelewing? Nie alle konflik is boeliegedrag nie, en nie alle boeliegedrag is konflik nie. Die een wat hom- of haarself verhef tot 'n hoër vlak as ander mense deur hulle te boelie, moet die gevolge en die straf dra, ten einde negatiewe gedrag te stop. Ongeregtigheid moenie ongestraf bly nie, maar boeliegedrag is meestal 'n hulpkreet wat deur middel van 'n pastorale pad kan herstel en die boelie tot bekering te roep, en die slagoffer te help om dit te verwerk en te vergewe. Vra die Here vir wysheid sodat jy sal weet wanneer om te vlug, te veg, te vertel of te verduur. Maar erken en belei jou sonde as jy self aan afknouery skuldig is, en as jy geboelie word, skuil by die Here.

    42 min
  • Luisteraarsvraag: The Chosen en afbeeldings van God

    oet christene die TV reeks, The Chosen, waarin Jesus afgebeeld word, kyk? Mag ons enige afbeeldings van God of Jesus maak, aanbid of navolg? Waaroor gaan die tweede gebod, en wat leer die gereformeerde belydenisskrifte ons oor afgodery en afbeeldings van God? Het God mense of mensgemaakte afbeeldings nodig om Homself te openbaar? Die Seun is die beeld van God volgens Kolossense 1:15, en God wil Sy kinders deur die lewendige verkondiging van Sy woord onderrig.

    26 min
  • Wat sê die vers? Romeine 8:28

    Drie misverstande is onder bespreking oor Romeine 8:28. Sal alles altyd goed gaan met die kinders van God? Sal dit progressief beter en beter gaan hoe liewer en liewer ons God het? Nee, want die evangelie is nie goedkoop nie, en hoofstuk 8 van Romeine gaan eintlik oor lyding, beproewinge en verdrukking. Die lewe van 'n ware gelowige is 'n swaarkry proses. Genadiglik is ons reeds geregverdig in Christus se bloed, en daarom sal alles ten goede meewerk vir God se geliefdes. Ons swaarkry is die smal weg waarlangs God ons, deur Sy kragtige werk, in Sy koninkryk in bring - monorgisties. Hou moed, want die heerlikheid van die ewigheid is baie groter as die lyding wat gelowiges op aarde beleef.

    31 min

About Radio Scriptura

From the publisher's feed

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense…