Radio Scriptura

Radio Scriptura

Download on the App Store

Radio Scriptura episodes

  • Die Tien Gebooie: Die Agtste Gebod

    Waar kry jy alles wat jy besit? Wat van jou gawes en talente? Wat beteken die agtste gebod vir ons wie God opreg wil dien? Watter vorms van steel bestaan daar? Hoe speel dit uit in die samelewing en in jou eie lewe? Hoe eerlik is ons met ons tyd, geld en aandag, sodat ons die middele tot ons beskikking ook nie misbruik nie? Wat ontvang ons terug vir ons vrygewigheid en ons offers aan God? Wat is die verband tussen materiële diefstal en om van harte te beroof?

    35 min
  • Die Tien Gebooie: Die Sewende Gebod

    Waarom is die huwelik heilig, en hoekom is egbreuk sonde? Hoekom moet ons God met ons liggame dien? Wat is die regte uitleef van ons seksualiteit? Hoe kan gelowiges hulself beskerm teen onkuisheid? Hoe moet ongetroudes hieroor handel en dink? Vlug weg van onsedelikheid, want jou liggaam is die tempel van God. Jy is duur gekoop.

    40 min
  • Perspektief: Oktober 2023

    In Perspektief - Oktober 2023, gesels Scriptura oor die aanval van Moslem millitante groep, Hamas, op Gaza, asook die NG kerk se besluit oor selfde geslag verbintenisse op hul sinode vergadering van 2023.

    40 min
  • Die Tien Gebooie: Die Sesde Gebod

    "Jy mag nie moord pleeg nie", is die woorde van die sesde gebod. Wie gee lewe, en wie bepaal die waarde van die menslike lewe? Wanneer mag daar dood gemaak word volgens die Skrif? In watter kategorie val aborsie, selfverdediging? Tot watter mate moet ons lewe beskerm en die goeie van ons naaste soek? Is die dood die grootste ellende wat jou kan tref?

    22 min
  • Die Tien Gebooie: Die Vyfde Gebod

    Waarom is die vyfde gebod belangrik? Deur wie wil God jou regeer? Wat is die gevolge van ongehoorsaamheid aan gesagstrukture? Die gebod met 'n belofte het vir diegene wat dit gehoorsaam: "Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee."

    40 min
  • Perspektief: September 2023

    Scriptura bespreek drie onderwerpe in Perspektief van September 2023, naamlik: dieremishandeling en diereverering kry dieselfde status, Christenskap groei in Iran ongeag vervolging, en op Erfenisdag was daar 'n byeenkoms van die Sciëntologie-kerk (Christian Science) in Suid-Afrika by Castle Kyalami met die Ubuntu tema.

    35 min
  • Die Tien Gebooie: Die Vierde Gebod

    Wat gee God in Eksodus 20 :9-10 vir ons? Tyd om te werk en tyd om te rus in Hom. Ons moet die sewende dag van die week - die sabbat van ons God - heilig hou. Ons is uitgelei uit slawerny, en hoef dus nie slawe van werk te wees nie. Ons voorspoed hang nie van werk, ondernemings of skool af nie. Dit is God wat ons onderhou, versorg en voed met Sy woord om die christelike lewe te leef in troue gehoorsaamheid.

    38 min
  • Die Tien Gebooie: Die Derde Gebod

    Die ydelike gebruik van die naam van God tas Sy wese direk aan. Misbruik van God se naam sluit in die betekenislose, onnadenkende gebruik van Sy naam, direkte laster teen God, asook ons stilswye wanneer Sy naam misbruik word. Slaan ons nog ag daarop as ons dit hoor, en stel ons dit reg of wys ons dit uit in die samelewing? Of is ons aandadig deur ons stilswye? Staan ongelowiges skuldig aan hierdie sonde, selfs al glo hulle nie in God nie? Leef sommige Christene asof God nie bestaan nie? Hoe lyk praktiese ateisme in gelowige sirkels, en hoe mag ons 'n eed aflê?

    36 min
  • Die Tien Gebooie: Die Tweede Gebod

    Wat verbied God in die tweede gebod? Hoe wil God hê moet ons Hom aanbid en op watter manier? Kan ons dit met of deur enige ander mensgemaakte afbeelding of voorstelling doen? As ons 'n verkeerde beeld van God het, sal ons Hom gevolglik ook verkeerd aanbid. Hoe reflekteer ons hedendaagse geestelike musiek en "nuwerwetse" gebruike in ons kerke eintlik 'n valse beeld van God?

    31 min
  • Perspektief: Augustus 2023

    Scriptura gesels oor twee onderwerpe in Perspektief van Augustus 2023: geslagsneutrale huweliksontwerp en 'n nuwe kategismus van menslike seksualitei. Het die christelike kerk nog bestaansreg in terme van die huweliksbevestiging? Wat is die sentrale werk van die kerk teenoor die staat? Is die hedendaagse kultuur besig om jou en jou kinders te katkiseer volgens hulle oortuigings van menslike seksualiteit, of is dit nog die woord van God? Hoe het God geslag en seksualiteit ontwerp?

    33 min

About Radio Scriptura

From the publisher's feed

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense…