Radio Scriptura

Radio Scriptura

Download on the App Store

Radio Scriptura episodes

  • Perspektief: Maart 2023

    Scriptura bespreek drie sake vanuit 'n bybelse invalshoek ten einde 'n christelike perspektief daarop te gee wat in drie verskillende dele van God se wêreld plaasgevind het in die laaste maand: die Saddleback kerk van California is onthef van lidmaatskap by die Southern Baptist Convention vanweë hul ongehoorsaamheid aan die bybelse leerstellings oor vroue in die amp van predikant; die leier van die EFF politieke party, meneer Julius Malema, het godslasterlike uitsprake gemaak en die burgers van Suid-Afrika gedreig indien enige iemand hom sou teengaan tydens sy "nasionale stilstand" optog gehou op 20 Maart 2023, en dan het Uganda se president, meneer Yoweri Museveni, nuwe wetgewing teen die LGBTQ gemeenskap en beweging ingestel.

    41 min
  • Wat sê die vers? 1 Kor 4:20

    1 Korinthiërs 4:20 " .... want die koninkryk van God bestaan nie in woorde nie, maar in krag." Wat bedoel Paulus met hierdie vers? Daar is verkeie maniere waarop hierdie teks misbruik word: mense fokus op die woorde en die vertoon van talentvolle predikers, en verwar dit met die krag van die Heilige Gees. Kan ons dan die krag van die Heilige Gees isoleer van die drie-eenheid, en Hom gelyk stel aan die krag van God? En aan die ander kant steun mense soms slegs op dogma, eksegese en leerstellings om menseharte te verander. Hoe kan dit wees? Stel ons woord en krag teen mekaar op? Geloof is tog vertroue in Christus EN kennis van God. Maar wat is die krag dan waarvan Paulus hier skryf? Die evangelie van Christus is die krag van God tot redding vir elkeen wat glo. God roep ons, en Hy roep ons deur Sy woord.

    35 min
  • Wat sê die vers? Psalm 37:4

    Die konteks van Psalm 37 wys dat ons nie moet fokus op en bekommer oor boosheid en kwaaddoeners nie, maar liewer ons fokus en vertroue op die Here moet plaas, want Hy sorg vir ons. Die hoof boodskap van Psalm 37:4 is nie eintlik die begeertes van jou eie misleidende hart nie, maar liewer dat God jou fokus moet wees, en dat jy jou in Hom moet verlustig in hierdie lewe. Wat is die geestelike vrug wat gebore word uit onreg en moeilike omstandighede? Gemeenskap en verbondenheid met God, ons Vader, is die ryke herstel wat ons geniet as ons Hom bo alles in ons lewe aanbid. God maak Sy begeertes joune.

    34 min
  • Wat sê die vers? Eksodus 21:23-25

    Waaroor gaan "'n oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tant" regtig? Gee dit ons vrypas vir persoonlike vendettas, of is die vers vir die regeerders, om sodoende toepaslike straf toe te pas? Het ek die reg om die reg in eie hande te neem, en myself te laat geld? En hoe moet christene misdaad benader, en moet ons dit aanmeld? Kan ons wraak neem as ons te na gekom word, of moet ons die wraak aan God oorlaat? Vervul die kerk haar profetiese taak teenoor die regering? Laat ons vir alle mense bid, en veral vir die regeerders, om reg en geregtigheid van God te smeek.

    27 min
  • Perspektief: Februarie 2023

    In hierdie perspektief episode gesels Scriptura oor die Asbury herlewing, die kerk van Engeland wat gender neutrale terme vir God oorweeg, en die sataniese vertoning by die Grammy toekennings.

    53 min
  • Wat sê die vers? 1 Korinthiërs 10:13

    Ons kry 'n troos en 'n waarskuwing in 1 Korinthiërs 10:13: gelowiges word daagliks versoek en beproef, maar God is getrou. Onthou wie jou Vader is. Onthou jou wedergeboorte en weet verseker dat jy in die genadige heiligmaking van God lewe. Laat jou deur die Heilige Gees lei, en neem die stryd op. Beoefen die geregtigheid, hardloop weg van die versoeking af en vind jou vreugde in die Here.

    34 min
  • Luisteraarsvraag: Hoekom gebeur slegte dinge met mense?

    Hoekom gebeur slegte dinge met mense? Waar kom sonde en dood vandaan? Die mens het teen God gesondig in die tuin van Eden en dit oor homself gebring. Daarom ly die hele skepping saam met die mens onder die sondevloek. Ons kry egter meer genade as wat ons verdien. Die vraag is dus eintlik: hoekom doen God nog goed? Hoekom het Hy Jesus gestuur? Slegte dinge het verskeie redes: oordeel, dissipline, en om God se goeie wil uit te werk. As gelowiges kyk ons anders na pyn, leiding, swaarkry en dood, want slegte dinge gebeur in hierdie wêreld, maar hierdie wêreld is nie die einde nie. Slegte dinge rus gelowiges ook toe vir dieper bediening, groei in geloof en verhouding met God. Vir die gelowige is daar geen veroordeling meer nie, en ons deel reeds in God se seën, want die beste is nog op pad. Ons het 'n hoop gesetel in Christus, wie ons gered het vir 'n ewigheid in Sy teenwoordigheid.

    35 min
  • Wat sê die Vers? Johannes 14:13-14

    "En wat julle in my Naam vra, sal Ek doen, sodat die Vader deur die Seun verheerlik mag word. As julle My iets in my Naam vra, sal Ek dit doen." Gaan ons werklik ook wonderwerke doen soos wat Jesus op aarde gedoen het, of dui hierdie teks op die wil van God vir Sy kinders? Wie se wil sal God uitvoer: Syne of myne? Misbruik ons die naam van die Here om ons wil te kry? Hebreërs 4: "Laat ons dan met vrymoedigheid die troon van genade nader, sodat ons ontferming en genade kan ontvang om op die regte tyd gehelp te word."

    33 min
  • Perspektief: Januarie 2023 Sinode

    Die Algemene Sinode van die GKSA is 'n bybelse instelling wat Paulus reeds in Handelinge 15 begin het. Wat is 'n gereformeerde sinode, en hoekom is dit nodig dat afgevaardigdes vergader? Wat is die binnewerke van hierdie kerklike vergaderings? Hoekom moet kerke van dieselfde denominasie bymekaar kom om te vergader oor kerklike sake? Verskillende denominasies het verskillende soorte kerkbestuurstelsels. Hoekom is ons oortuig dat ons kerkbestuurstelsel reg en belangrik is, en watter gesag het die sinode?

    33 min
  • Wat sê die vers? 2 Kronieke 7:14

    Wat sê 2 Kronieke 7: 14 werklik? "… en my volk, oor wie my Naam uitgeroep is, hulle verootmoedig en bid, en my teenwoordigheid opsoek en terugdraai van hulle verkeerde paaie, sal Ek self uit die hemel hulle hoor. Ek sal hulle sonde vergewe en hulle land genees." Watter volk is ter sprake? Wat is die konteks, spesifieke periode en die verbondsgeskiedenis van die volk Israel se tyd? Wat was die oproep tot die volk en waar moes dit sentreer? Wat was die ou verbondsbelofte van God aan sy volk? Is hierdie vers vir ons in die kerk geskryf? Kan ons hierdie belofte vir onsself vat in die nuwe bedeling tydens rampe en krisisse?

    36 min

About Radio Scriptura

From the publisher's feed

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense…