Radio Scriptura

Radio Scriptura

Download on the App Store

Radio Scriptura episodes

  • Pastoraal: Angs en Vrees - Hoe help ek?

    Pastoraal: Angs en Vrees - Hoe help ek?

    Hoofpunte: 1) Hoe identifiseer ek angs in myself en in ander? 2) Hoe kan die kerk mense help? 3) Hoe spreek ek angs aan? 4) Hoe kan ek die Woord van God gebruik tydens angs?

    03:46 Hoe identifiseer ek angs?

    14:14 Hoe kan die kerk mense help? 21:58 Die Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie

    22:41 Hoe spreek ek angs aan? (Fil 4 en Psalm 3) 30:05 Hoe kan ek die Woord van God gebruik tydens angs? 52:32 Die Here se algemene genade en openbaring

    1 hr
  • Pastoraal: Angs en Vrees

    Opsomming:

    02:17 Wat is angs en vrees en hoe lyk dit? 16:00 Wat is die Bybel se antwoord? Matt 6:25-34 en Fil 4:6

    22:50-23:21 Die Gereformeerde Laerskool Bellville advertensie.

    23:24 Hoe moet ons angs en vrees hanteer?

    31:38 Bekommernis - redes vir verkeerde hartsgesindheid. 35:34 Praktiese raad/toepassing van Bybelse beginsels. 38:58 Identifiseer die vyand en die leuen.

    48 min
  • PEPUDA: Voorgestelde wetgewing en godsdiensvryheid

    Voorgestelde PEPUDA wetgewng en godsdiensvryheid Aanbieders: Gerhard van Rhyn, Jonker Venter, Jan-Louis Lee, Jaco de Beer

    01:14 Promotion of equality and prevention of unfair discrimination.

    02:34 Wat is die PEPUDA konsep wetgewing?

    25:45 Wat moet christene en die kerk nou doen?

    39:50 Hoe dra gelowiges hierdie soort vervolging?

    52 min
  • Mei in Perspektief

    Mei in Perspektief

    01:48 Nagwaak vir Jacob Zuma.

    • 07:00 Polities-teologiese beskouing.
    • 10:55 Waarskuwing aan leiers (Jesaja 5:20).
    • 12:22 Kerk en staat moet geskei wees.

    16:21 Toenemende korrupsie in die ANC - wat is ons hoop en behoud?

    • 17:27 God sal die perfekte oordeel fel - vergeldingsteologie (Ps 7:16).
    • 20:30 Vertrou op die Here (Ps 37).
    • 21:15 Ons het ' n roeping hier (1 Kor 17).

    22:37 Konflik tussen Israel en Palestina.

    • 24:00 Eindtye - hoe moet ons Israel sien?
    • 29:00 Redding kom slegs deur Jesus Christus (Matt 24:13-14).
    • 33:08 Kerk moet aan die Here onderwerp - Tweede bede van die Onse Vader (Sondag 48 van Heidelbergse Kategismes).
    38 min
  • Wat is die Evangelie?

    00:00 Aanbieders: Jaco de Beer, Marnix Boersema, Gerhard van Rhyn, Jan-Louis Lee 02:50 Wat is die evangelie? (1 Kor 15, Gal 1:8-9) 12:22 Die slegte nuus - sondeval. (Genesis, Ef 2) 19:09 Ons kan onsself nie red nie. 28:12 Wat is die barmhartigheid van God? (Rom 3:21) 37:20 Hoe word ek regverdig voor God? 39:19 Wat is die rede waarom God my uit die dood opgewek het? (2 Kor 5:21) 45:35 Jesus se kruisiging het versoening tussen mens en God gebring. 48:04 Geloof (gawe van God) is die kanaal waardeur ons gered word. 48:59 Opdrag: glo die goeie nuus dat Jesus jou sonde op die kruis betaal het. 51:40 Waarvoor het God ons kom red? (Rom 6) 56:00 Wat is die implikasies van die evangelie? 59:49 Hoe lyk die dankbaarheidslewe van die gelowige? (1 Kor 2) "As iemand julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat julle ontvang het, laat hom 'n vervloeking wees!" (Gal 1:9)

    1 hr 9 min
  • Ampte: Die predikant as lerende ouderling

    Is predikante afgesonder van die ander ampte? Wat is die kwalifikasies en karakter van predikante? Wat is 'n preek? Hoe moet woordverkondiging benader en bedien word? Hoe lyk die praktiese bediening van 'n predikant? "There is an urgent need for courageous preachers in the pulpits of the world today, like the apostles in the early Church who "were filled with the Holy Spirit and spoke the Word of God with boldness". Neither men-pleasers nor time-servers ever make good preachers. We are called to the sacred task of biblical exposition, and commissioned to proclaim what God has said, not what human beings want to hear. " - John Stott

    59 min
  • Ampte: Die amp van Ouderling

    As God 'n man roep om 'n ouderling te wees, sal Hy hom ook toerus om die werk te doen. Die roeping van die ouderling sal hom dryf om soos 'n herder sy lewe af te lê vir die skape (Johannes 10:11). Ouderlinge is voorbeelde vir die kudde, en ons lees in 1 Pet 5 hoe die opsiener/ouderling se hart moet lyk en hoe hy die kerk as kudde behoort te dien. Ouderlinge moet die waarheid verdedig (Handelinge 20:27), en 'n ouderling se wapen is die woord (2 Tim 3:16-17). In die lig van 1 Timoteus 3:1-7 is 'n ouderling 'n christenman met 'n karakter bo verdenking, en hy staan in diens van en onder die leiding van die Heilige Gees (Handelinge 1:8). Die werk van die ouderling is 'n uiters verantwoordelike taak, en moet geensins ligtelik opgeneem word nie. "My broers, julle moenie almal leermeesters wil wees nie, want julle moet weet dat ons wat leermeesters is, strenger as ander beoordeel sal word" (Jak 3:1).

    Aanbieders: Marnix Boersema, Jan-Louis Lee en Jaco de Beer. Opsomming: 00:00 Ampte reeks: Amp van Ouderling 02:08 Wanneer is die eerste ouderlinge aangestel? 14:22 Kwalifikasies van 'n ware opsiener/ouderling. 22:55 Karakter van 'n ouderling (1 Tim 3) 36:00 Take van die ouderling: herder, leraar, prediker. 51:13 Kerke moet die aanstel van ouderlinge baie ernstig opneem.

    54 min
  • Luisteraarsvrae: Hoe beskerm ek my kind teen pornografie?

    Pornografie is die sonde van ons tyd waaroor niemand praat nie. In hierdie episode hanteer Jonker Venter en Marnix Boersema 'n baie ongemaklike kwessie naamlik pornografie of onsedelikheid. Pornea is die breë term in die Bybel wat alle seksuele onsedelikheid, met ander woorde onbybelse, onreine en onvanpaste seksuele gedrag, as sonde uitwys. Pornografie en onsedelikheid floreer in die geheim, en dit verwelk as dit oopgemaak en belei word. Die evangelie is die beginpunt.

    01:00 Hoe beskerm mens jou kinders/tieners teen pornografie? 03:20 Waar begin 'n mens? Romeine 1 verwys na die mense se sondige hart. 12:33 Rig jou kind af, wees self die mentor. 1 Kor 6:18 Leer dat pornografie sonde is. 17:24 Moedig openlike gesprekke en sondebeleidenis aan. 18:00 Praat met kinders oor seksualiteit en onsedelikheid. 19:31 Die evangelie bring bevryding van alle sonde, maar daar moet bekering kom. 22:01 Deel van 'n ouer se taak is om godsvrees vir sy kinders te leer. 23:12 Leer die ernstige gevolge van pornea/hoerery.

    25:46 Praktiese dissiplines: Spreek die hart aan, Beperk toegang tot die internet dmv internetfilters, Monitor selfoon gebruik, Leer wat die Bybel sê oor seks en die huwelik, Modelleer gesonde verhoudings 31:54 Help jou kind om nie in die sonde van onsedelikheid te verdwaal en daardeur verwoes te word nie. (Spreuke 5)

    33:05 Stry teen die sonde en die vlees.

    35 min
  • Ampte: Amp van Diaken

    00:00 Amp van Diaken 01:39 Wat is 'n diaken? Definisie - dienskneg in die kerk (Hand. 6) 13:09 Wat is die kwalifikasies van 'n diaken? (1 Tim. 3:8-13) 18:33 Wat is die rol en werk van 'n diaken? (Hand. 2:44,45; 4:32-37; 5:2; 6:1; 11:29-30) 27:00 Hoe kan die kerk bybelse diakens oplei? (2 Tim. 2:2) 32:30 Verhouding tussen diakens en ouderlinge (Hand. 6:1-6; Hand. 20; Heb. 13:7-17). 38:20 Verhouding tussen diakens en kerk.

    44 min

About Radio Scriptura

From the publisher's feed

Welkom by Radio Scriptura. 2 Timotheus 3:16,17 sê die hele Skrif is deur God ge-asem. Op hierdie Gereformeerde potgooi wil ons vanuit die Skrif leer, weerlê, reg wys en onderrig, sodat God se mense…