Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.... more
FAQs about Radioteater:How many episodes does Radioteater have?The podcast currently has 387 episodes available.
May 26, 2016SIEMBAMBA deur Marion ErskineElri is Bertus en Rentia se enigste kind, en haar pa se oogappel. Hy sal enigiets vir haar doen, maar dit gaan nie goed tussen Bertus en Rentia nie, en vir Rentia is dit moeilik om te aanvaar dat hulle huwelik op die rotse is…...more59minPlay
May 19, 2016DIE WITTEBROOD deur Riana ScheepersLucas en Klara is pas getroud. Lucas het die romantiese droom om sy bruid 'n ongerepte deel van Afrika te wys. Hy beplan hulle wittebroodsbestemming as 'n verrassing vir haar, wel wetende dat sy nie 'n natuurmens is nie, en dat sy eintlik hou van gerieflike vakansies in “beskaafde” plekke. Iets onverwags gebeur en hulle bevraagteken hulle verhouding. Hulle leer ken hulleself en mekaar, dalk vir die eerste keer. Dit is 'n nag wat sal bepaal of hulle wittebrood ook die einde van hulle huwelik is, of dalk 'n nuwe begin....more1hPlay
May 12, 2016DIE REBELLIE VAN LAFRAS VERWEY deur Chris BarnardLafras is 'n Jan Alleman wat vasgevang is in 'n burokratiese stelsel. Hy is 'n dromer en begin mettertyd lugkastele bou om van die sleurwerk te ontsnap. By die werk word hy gespot en hy sluit uiteindelik by 'n groep ondergrondse rebelle aan. Hy vervaardig vir hulle plofstof en smokkel wapens vir 'n rewolusie wat kom. Wanneer Lafras op sy fiets ry of selfs die badkamer besoek, marsjeer hy saam met die rebelle en staar hy die vyand in die gesig. Hy ontmoet later vir die swanger Petra, wat hy op sy fiets hospitaal toe neem vir haar bevalling, maar wanneer hy terugkeer huis toe neem sy lewe 'n skielike wending....more1h 30minPlay
May 05, 2016JANE EYRE deur Charlotte BrönteJane Eyre is 'n weeskind, maar ook 'n goewernante, wat later in Thornfield vir die jong Franse meisie, Adele, private klasse aanbied. Hier raak sy op meneer Rochester verlief. Die veel ouer Rochester vra haar om te trou, maar hulle troudag ontaard in 'n nagmerrie wanneer 'n gas aanvoer dat Rochester steeds met 'n ander vrou getroud is... Sal Jane en meneer Rochester ooit skuiling in mekaar se arms vind?...more1h 15minPlay
April 28, 2016VERGIFNIS deur Charles J. FourieMuriel, 'n ouerige vrou, kom woon op Touwsrivier. 'n Jong werker help haar in die tuin en steel haar beursie, omdat hy ook graag iets luuks en lekkers by die vulstasie wou gaan koop om te eet. Hy spandeer 'n nag in die tronk, en Muriel trek die saak van diefstal teen hom terug, mits... Wie is die eksentrieke vrou en hoekom het sy op Touwsrivier kom aftree?...more59minPlay
April 21, 2016GENADE deur Marita van der VyverKas Stuurman is 'n afgetrede koerantman en lief vir woordspeletjies, wyn, blokkiesraaisels en sy vrou. Door Stuurman is 'n afgetrede Afrikaans-onderwyseres en lief vir lees, reis, dans en haar man. Hul seun, Vic, woon in Kalifornië en is ver van sy geliefde ouers wanneer hulle lewens stadig maar seker begin verbrokkel weens Door se stadige agteruitgang....more1h 7minPlay
April 13, 2016DIE NAG VAN DIE WYSES deur Zenobia KockDie drama, wat die derde plek behaal het in die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie vir 2015, handel oor ʼn wanaangepaste oujongnooi (wat sommige simptome toon van Asperger se sindroom) wat die wêreld van ʼn afstand beloer. Dan gebeur iets wat haar buitengewoon laat optree en almal rondom haar verstom. Dit is ʼn soort Kersverhaal met heelwat kinkels en onthullings....more1hPlay
April 07, 2016DIE EKSENTRIEKES deur Erica Harris'n Vereensaamde vrou in 'n ouetehuis en 'n jong, eksentrieke student, wat nie aanklank vind by haar medestudente nie, bevriend mekaar toevallig en beïnvloed en begeester mekaar se lewe....more51minPlay
December 31, 2015DIE IDEALE MINNARES deur Niel SteenkampIs die romanse uit jou huwelik of verhouding? Dan gaan hierdie drama dit vir jou terugsit! Dit was een van die inskrywings vir die RSG/SANLAM Radiodramaskryfkompetisie van 2012 wat die aandag getrek het met sy tema waarmee baie volwasse luisteraars sal kan identifiseer. En daar is 'n verrassende slot......more45minPlay
December 29, 2015BLINDEMOL deur Chris BarnardOm Chris Barnard te eer, saai RSG sy bekroonde drama Blindemol uit. In 2008 het hy die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning vir radiodrama daarmee ontvang. Barnard het die medium baie goed geken en verstaan en het die stemmingsvolle werk oor 'n blinde klavierstemmer, Dolf, geskep. Dolf is reeds oorlede. Nou kan hy die kleindorpenaars sien en met hulle in gesprek tree, veral met die vroue wat hom liefgehad het. Een van die aanhaalbare stukke dialoog in die teks is dalk nou besonder relevant: “Só baie om oor bly te wees – so bitter min blydskap. Hoe kry 'n mens hulle oë oop vir alles om hulle?”...more45minPlay
FAQs about Radioteater:How many episodes does Radioteater have?The podcast currently has 387 episodes available.