Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.... more
FAQs about Radioteater:How many episodes does Radioteater have?The podcast currently has 394 episodes available.
May 05, 2016JANE EYRE deur Charlotte BrönteJane Eyre is 'n weeskind, maar ook 'n goewernante, wat later in Thornfield vir die jong Franse meisie, Adele, private klasse aanbied. Hier raak sy op meneer Rochester verlief. Die veel ouer Rochester vra haar om te trou, maar hulle troudag ontaard in 'n nagmerrie wanneer 'n gas aanvoer dat Rochester steeds met 'n ander vrou getroud is... Sal Jane en meneer Rochester ooit skuiling in mekaar se arms vind?...more1h 15minPlay
April 28, 2016VERGIFNIS deur Charles J. FourieMuriel, 'n ouerige vrou, kom woon op Touwsrivier. 'n Jong werker help haar in die tuin en steel haar beursie, omdat hy ook graag iets luuks en lekkers by die vulstasie wou gaan koop om te eet. Hy spandeer 'n nag in die tronk, en Muriel trek die saak van diefstal teen hom terug, mits... Wie is die eksentrieke vrou en hoekom het sy op Touwsrivier kom aftree?...more59minPlay
April 21, 2016GENADE deur Marita van der VyverKas Stuurman is 'n afgetrede koerantman en lief vir woordspeletjies, wyn, blokkiesraaisels en sy vrou. Door Stuurman is 'n afgetrede Afrikaans-onderwyseres en lief vir lees, reis, dans en haar man. Hul seun, Vic, woon in Kalifornië en is ver van sy geliefde ouers wanneer hulle lewens stadig maar seker begin verbrokkel weens Door se stadige agteruitgang....more1h 7minPlay
April 13, 2016DIE NAG VAN DIE WYSES deur Zenobia KockDie drama, wat die derde plek behaal het in die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie vir 2015, handel oor ʼn wanaangepaste oujongnooi (wat sommige simptome toon van Asperger se sindroom) wat die wêreld van ʼn afstand beloer. Dan gebeur iets wat haar buitengewoon laat optree en almal rondom haar verstom. Dit is ʼn soort Kersverhaal met heelwat kinkels en onthullings....more1hPlay
April 07, 2016DIE EKSENTRIEKES deur Erica Harris'n Vereensaamde vrou in 'n ouetehuis en 'n jong, eksentrieke student, wat nie aanklank vind by haar medestudente nie, bevriend mekaar toevallig en beïnvloed en begeester mekaar se lewe....more51minPlay
December 31, 2015DIE IDEALE MINNARES deur Niel SteenkampIs die romanse uit jou huwelik of verhouding? Dan gaan hierdie drama dit vir jou terugsit! Dit was een van die inskrywings vir die RSG/SANLAM Radiodramaskryfkompetisie van 2012 wat die aandag getrek het met sy tema waarmee baie volwasse luisteraars sal kan identifiseer. En daar is 'n verrassende slot......more45minPlay
December 29, 2015BLINDEMOL deur Chris BarnardOm Chris Barnard te eer, saai RSG sy bekroonde drama Blindemol uit. In 2008 het hy die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning vir radiodrama daarmee ontvang. Barnard het die medium baie goed geken en verstaan en het die stemmingsvolle werk oor 'n blinde klavierstemmer, Dolf, geskep. Dolf is reeds oorlede. Nou kan hy die kleindorpenaars sien en met hulle in gesprek tree, veral met die vroue wat hom liefgehad het. Een van die aanhaalbare stukke dialoog in die teks is dalk nou besonder relevant: “Só baie om oor bly te wees – so bitter min blydskap. Hoe kry 'n mens hulle oë oop vir alles om hulle?”...more45minPlay
December 25, 2015‘N KERSSPEL VIRRIE KIND deur Willem Fransman JuniorDie Kaapse Bergies, Miester Brand, Myra en Bekkies, besluit om 'n Kersspel op te voer vir 'n jong seun wat gom snuif....more43minPlay
December 17, 2015TUSSEN STASIES deur Henriette FowlerDie drama kyk na die lewe van 'n sestienjarige tweeling, Santie en Rika, wie se ouers oorlede is. Hulle beland by 'n tante en haar geweldadige dronklap minnaar. Santie neem die leiding neem aangesien Rika in die ongeluk waarin hulle ouers gesterf het, breinbeserings opgedoen het. Wanneer dit te ondraaglik raak by hulle tante, klop hulle by die buurvrou aan om hulp. Hulle lewe word egter net moeiliker, en Santie se oplossing daarvoor is 'n hartseer een....more54minPlay
December 10, 2015WILDE ROOSMARYN deur Daleen Krüger'n Violis kom uit die buiteland terug na Suid-Afrika en die dorpie waar hy sy geliefde verlaat het om 'n loopbaan in die buiteland te bou. Hier ontdek hy dat soveel veranderinge plaasgevind het, maar dat daar tog baie is wat herinnerings by hom oproep....more46minPlay
FAQs about Radioteater:How many episodes does Radioteater have?The podcast currently has 394 episodes available.