Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
July 10, 2017RegsakeIgna Klynsmith bespreek luisteraars se vrae met Ian Wessels. Hoe gemaak as jou baas se vrou jou probeer afpers na 'n kantoorfunksie? Wanneer kan 'n munisipaliteit aanspreeklik gehou word vir verkragting op hulle eiendom? Moet 'n eiendomsagentskap 'n geldige getrouheidsfondssertifikaat hê om kommissie te kan ontvang? En kan iemand weens heksery teenoor sy werkgewer ontslaan word, selfs al glo hy nie daaraan nie?...more25minPlay
July 03, 2017RegsakeRichard Spoor kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hy is betrokke by 'n eis vir skadevergoeding teen myneienaars namens mynwerkers wat silikose opgedoen het weens jare se werk in myne....more26minPlay
June 26, 2017RegsakeIgna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor interessante hofsake. Is 'n eenmalige insident genoeg om as teistering te klassifiseer onder die Wet op Teistering, en kan iemand wat eiendomsreg op 'n huis het en daarin woon, uitgesit word? 'n Regter se uitlatiangs oor diskriminasie teenoor vissers in Langebaan word ook bespreek....more26minPlay
June 19, 2017RegsakeIgna Klynsmith verduidelik aan die hand van hofsake wanneer 'n huiseienaarsvereniging of beheerliggaam van 'n deeltitelkompleks, 'n inwoner wat gereeld die gedragsreëls oortree kan uitsit. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor verbeurdverklaring van 'n eggenoot se 50% aandeel in die gemeenskaplike boedel, en gee praktiese raad wat die bereddering van 'n boedel kan bespoedig....more26minPlay
June 12, 2017RegsakeIgna Klynsmith en Ian Wessels gesels oor die regsreël dat die "bloedige hand" nie mag erf nie, en oor die regte van biologiese pa's van buite-egtelike kinders. Igna deel ook 'n klompie ongewone regsreëls uit die verlede wat vandag absurd klink....more25minPlay
June 05, 2017RegsakeDie tiende Wêreld-Baljudag vind plaas op 8 Junie. Petro Roodt is die balju vir Bloemfontein-Oos en ook voorsitter van die Baljuraad se Getrouheidswaarborgfonds. Sy praat oor die rol en funksies van 'n balju, hoe 'n balju vergoed word, en op watter bates van 'n skuldenaar nie beslag gelê mag word nie....more24minPlay
May 29, 2017RegsakeRichard Spoor kuier saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith in die ateljee. Hy is 'n prokureur wat spesialiseer in klaskasies. Dit beteken dat 'n groep eisers (soos bv. pensioenarisse van dieselfde pensioenfonds) se individuele eise saamgevoeg word in een hofsaak....more22minPlay
May 22, 2017RegsakeIgna Kynsmith bespreek die Romeins-Hollandse regsbeginsel dat die bloedige hand nie mag erf nie, buite-egtelike pa's se toegangsregte om hulle kinders te besoek, en absurde wetgewing regoor die wêreld....more24minPlay
May 15, 2017RegsakeIgna Klynsmith gesels oor die oorskryding van spoedgrense wat deur die beheerliggame van meenthuiskomplekse vasgestel word; eise vir beserings opgedoen in 'n ongeluk as passasier in 'n gholfkarretjie; en 'n hofsaak oor billike vergoeding vir 'n deel van 'n plaas, wat aan plaaswerkers toegeken is vir bewoning en weiding van hulle vee....more24minPlay
May 08, 2017RegsakeDie regskwessies wat Ian Wessels en Igna Klynsmith bespreek, sluit in die beskerming wat jy geniet wanneer jy 'n tweedehandse motor koop; of familietrusts vandag nog 'n plek het; en die geldigheid van voorwaardelike bemakings in testamente....more27minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.