Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.
February 20, 2017RegsakeMoet ' n huweliksvoorwaardekontrak geregistreer word om geldig te wees? Wat skryf wetgewing voor oor swembadbeveiliging? Is 'n werkgewer aanspreeklik as sy werknemer iemand by die werk seksueel molesteer? Wat is jou regte as iemand jou vakansiehuis se uitsig toebou?...more23minPlay
February 13, 2017RegsakeSakkie Smit sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te gesels oor regsake wat veral motoriste raak. Bestuurders neem dit nie altyd ernstig op nie, maar enige verkeersoortreding is ook 'n strafbare misdryf....more23minPlay
February 06, 2017RegsakeIgna Klynsmith verduidelik die regte van huurders as die verhuurder die krag laat afsny, en gesels ook oor plakkers op jou eiendom. Verder bespreek hy die talle verpligtinge van verskaffers van myntoerusting ten opsigte van die veiligheid van mynwerkers....more26minPlay
January 30, 2017RegsakeIgna Klynsmith vertel vir Ian Wessels van 'n hofsaak oor die uitvindsel van "Please call me"-boodskappe waar skynbare magtiging ter sprake gekom het. Hulle gesels ook oor spesiale heffings by deeltitelkomplekse, aan wie boorgatwater behoort, en wysigings aan die Wet op Kredietooreenkomste....more25minPlay
January 23, 2017RegsakeIgna Klynsmith bespreek verskeie regskwessies soos kabeldiefstal, ontgroening, die grondwetlike reg van kinders tot basiese onderwys, gemeenregtelike huwelike, en 'n hofsaak oor 'n vrou se versuim om 'n afspraak met die gesinsadvokaat te maak....more25minPlay
January 16, 2017RegsakeIgna Klynsmith gesels breedvoerig oor volmag om iemandse sake te behartig, soos ouer mense dikwels aan hulle kinders gee. Hy bespreek ook oorskrydings op jou eiendom in terme van die burereg, en praat op versoek van luisteraars weer oor vakansieklubs en die ombudsman vir deeltitel-eiendomme....more25minPlay
January 09, 2017RegsakeIgna Klynsmith bespreek 'n paar hofsake oor die omstandighede waaronder vroue, getroud in gemeenskap van goed, by die beëindiging van die huwelik nie die helfte van die gemeenskaplike boedel gekry het nie. Hy raak ook die kwessie aan van vroue wat sonder betaling hulle mans ondersteun om 'n besigheid op te bou....more24minPlay
January 01, 2017RegsakeIgna Kynsmith en Ian Wessels gesels in ligter trant, en deel 'n paar van RSG-luisteraars se staaltjies wat opgeneem is in Genade EdeLAGbare! Igna bespreek ook van die afgelope jaar se hofsake wat nuwe reg geskep of bevestig het....more27minPlay
December 25, 2016RegsakeIgna Klynsmith vertel hoe maklik mense bedrog pleeg teenoor die Inkomstediens, en die gevolge daarvan. Hy gee ook voorbeelde van swaar vonnisse wat opgelê is as afskrikmiddel teen soortgelyke misdade. 'n Moeder moes selfs twee jaar tronk toe gaan omdat sy haar dogter nie teen haar man se seksuele molestering beskerm het nie....more23minPlay
December 19, 2016RegsakeDis vakansietyd, en Igna Klynsmith deel 'n paar hofsake oor nalatigheid ten opsigte van die veiligheid van kinders. Hy bespreek ook 'n saak oor die vraag of daar van die Padongelukkrfonds geëis kan word vir beserings wat 'n ongebore baba in 'n motorongeluk opgedoen het....more24minPlay
FAQs about Regsake:How many episodes does Regsake have?The podcast currently has 638 episodes available.