Regsake

Regsake

Download on the App Store

Regsake episodes

  • Regsake
    Na aanleiding van talle navrae wat Ian Wessels ontvang het, word die kontakbesonderhede weer gegee vir mense met klagtes oor vakansieklubs. Igna Klynsmith gee terugvoer oor die uitvinder van "please call me", wat sy saak teen Vodacom gewen het, asook 'n regsmening oor geldige vuurwapenlisensies. Hy verduidelik ook hoe die aanwas bereken word ná egskeiding.
    27 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith verduidelik aan die hand van 'n hofsaak, wat onparlementêre gedrag behels, asook die doel en werking van die nuwe Kommissie vir Breë Basis Swart Ekonomiese Bemagtiging. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor kinders wat reeds nege jaar dieselfde bedrag huurgeld betaal om in hulle ma se huis te woon; of rente betaal moet word saam met die terugbetaling van 'n huurder se deposito; en die nakoming van 'n werker se kennismaand na sy bedanking.
    27 min
  • Regsake
    Sakkie Smit en Charl Ackerman kuier vir oulaas saam met Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor regsaspekte wat motoriste raak. Wanneer aanvaar die hof dit as vanselfsprekend dat jy nalatig was, en hoe werk die verdeling van skadevergoeding as beide bestuurders deels verantwoordelik was vir 'n botsing?
    24 min
  • Regsake
    Sakkie Smit gesels oor aspekte van die strafreg wat spesifiek op motoriste van toepassing is, soos wanneer 'n bestuurder in hegtenis geneem mag word, en op sy motor beslag gelê kan word.
    25 min
  • Regsake
    Charl Ackerman sluit aan by Ian Wessels en Igna Klynsmith om te gesels oor die siviele reg wat spesifiek van belang is vir motoriste. As jy ná 'n ongeluk skadevergoeding wil eis, wat moet jy alles saamneem as jy 'n prokureur gaan sien? Charl bespreek ook die aanspreeklikheid vir ongelukke wat deur diere veroorsaak word, sowel as die padreëls wat fietsryers moet gehoorsaam.
    25 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith bespreek hofsake oor 'n mediese fonds se weiering om 'n eis uit te betaal, en die omstandighede waaronder 'n trustee ontslaan kan word. Is broedertwis tussen twee trustees voldoende? Igna verduidelik ook wat digitale bates behels, en hoe om 'n oorledene se sosialemediaprofiel te sluit.
    26 min
  • Regsake
    Moet ' n huweliksvoorwaardekontrak geregistreer word om geldig te wees? Wat skryf wetgewing voor oor swembadbeveiliging? Is 'n werkgewer aanspreeklik as sy werknemer iemand by die werk seksueel molesteer? Wat is jou regte as iemand jou vakansiehuis se uitsig toebou?
    23 min
  • Regsake
    Sakkie Smit sluit by Ian Wessels en Igna Klynsmith aan om te gesels oor regsake wat veral motoriste raak. Bestuurders neem dit nie altyd ernstig op nie, maar enige verkeersoortreding is ook 'n strafbare misdryf.
    23 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith verduidelik die regte van huurders as die verhuurder die krag laat afsny, en gesels ook oor plakkers op jou eiendom. Verder bespreek hy die talle verpligtinge van verskaffers van myntoerusting ten opsigte van die veiligheid van mynwerkers.
    26 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith vertel vir Ian Wessels van 'n hofsaak oor die uitvindsel van "Please call me"-boodskappe waar skynbare magtiging ter sprake gekom het. Hulle gesels ook oor spesiale heffings by deeltitelkomplekse, aan wie boorgatwater behoort, en wysigings aan die Wet op Kredietooreenkomste.
    25 min

About Regsake

From the publisher's feed

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.