Regsake

Regsake

Download on the App Store

Regsake episodes

  • Regsake
    Igna Klynsmith vertel van die komende testamenteweek, waartydens jy gratis 'n testament kan laat opstel. Hy beantwoord ook luisteraars se vrae oor die vereistes vir wettige nommerplate, die koste van navrae aan 'n prokureur, en skuldamnestie.
    25 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith gesels aan die hand van verskeie onlangse hofsake, oor testamente wat ongeldig verklaar is. Hy kyk na die besparing van boedelbelasting deur sommige van jou bates aan jou kinders te skenk terwyl jy nog leef, en spotprente wat 'n kras boodskap oordra. En as jy 'n hommeltuig wil aanskaf, moet jy beslis luister.
    24 min
  • Regsake
    Wanneer kan jy aanspreeklik wees vir beserings wat 'n tuindienstewerker op jou erf opdoen? Tot watter mate mag 'n hof skuldverligting toestaan op 'n agterstallige verband? Kan teenstrydeige bepalings in 'n voorhuwelikse kontrak daartoe lei dat jy binne gemeenskap van goed getroud is? Watter strafmaatreëls bestaan vir beheerliggame van deeltitelkomplekse? Wat is die verskillende tydperke wat geld vir verjaring.
    24 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith beantwoord 'n luisteraar se vraag of hy jare na 'n motorongeluk nog van sy versekering kan eis nadat hy nie vir dronkbestuur vervolg is nie. Hy bespreek ook 'n paar interessante regsvrae: Is dit diefstal as 'n werkgewer nie afgetrekte PAYE- en BTW-heffings aan SARS oorbetaal nie? Kan daar beslag gelê word op iemand, wat agterstallig is met onderhoudsbetalings, se pensioen en vaste eiendom?
    25 min
  • Regsake
    Hoe verskil verkragting van ander seksuele misdrywe, ten opsigte van die tydperk wanneer die beskuldigde nog vervolg kan word? Hoe werk die privilegie tussen 'n prokureur en sy kliënt, en mag 'n mens weier om vrae te beantwoord tydens 'n insolvensie-ondervraging?
    26 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith bespreek 'n paar interessante hofsake met Ian Wessels. In die Ooskaap het die hof 'n munisipale bestuurder persoonlik aanspreeklik gehou vir die koste van 'n aansoek deur die belastingbetalersvereniging om dienslewering af te dwing. 'n Ouma wonder hoe haar kleinseun skuldig bevind kon word aan die misdrywe tydens 'n betoging as hy net saamgestap het.
    26 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith bespreek luisteraars se vrae met Ian Wessels. Hoe gemaak as jou baas se vrou jou probeer afpers na 'n kantoorfunksie? Wanneer kan 'n munisipaliteit aanspreeklik gehou word vir verkragting op hulle eiendom? Moet 'n eiendomsagentskap 'n geldige getrouheidsfondssertifikaat hê om kommissie te kan ontvang? En kan iemand weens heksery teenoor sy werkgewer ontslaan word, selfs al glo hy nie daaraan nie?
    25 min
  • Regsake
    Richard Spoor kuier by Ian Wessels en Igna Klynsmith. Hy is betrokke by 'n eis vir skadevergoeding teen myneienaars namens mynwerkers wat silikose opgedoen het weens jare se werk in myne.
    26 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith gesels met Ian Wessels oor interessante hofsake. Is 'n eenmalige insident genoeg om as teistering te klassifiseer onder die Wet op Teistering, en kan iemand wat eiendomsreg op 'n huis het en daarin woon, uitgesit word? 'n Regter se uitlatiangs oor diskriminasie teenoor vissers in Langebaan word ook bespreek.
    26 min
  • Regsake
    Igna Klynsmith verduidelik aan die hand van hofsake wanneer 'n huiseienaarsvereniging of beheerliggaam van 'n deeltitelkompleks, 'n inwoner wat gereeld die gedragsreëls oortree kan uitsit. Hy bespreek ook 'n hofsaak oor verbeurdverklaring van 'n eggenoot se 50% aandeel in die gemeenskaplike boedel, en gee praktiese raad wat die bereddering van 'n boedel kan bespoedig.
    26 min

About Regsake

From the publisher's feed

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.