Baie Suid-Afrikaners se ervaring van 'n Indiese Oseaan-eiland is Mauritius, maar daar is 'n beeldskone eweknie - die minder bekende Reunion, wat 215 kilometer suidwes daarvan lê en wag vir toeriste. Die eiland, wat deur Frankryk geadministreer word, is lid van die sogenaamde vanielje-eilandgroep, saam met Mauritius, die Seychelles, Madagaskar en Mayote. Dit kan ook as deel van 'n luukse bootvaart besoek word – boonop visumloos! Helene Bezuidenhout is hoof van die Franse Toerismeburo in Johannesburg, Atout France. Sy het haar Afrikaanse van te danke aan haar huwelik met ene Johan. Hierdie Franse vrou het dus 'n sagte plek vir Afrikaanssprekendes, en het Anita Visser onlangs genooi om Reunion te besoek.