Afrikaburn, Suid-Afrika se Burning Man weergawe, vind jaarliks langs die Tankwa Karoo Nasionale Park op die plaas, Stonehenge, plaas. Verlede jaar het meer as 12 000 mense 'n Boheemse tydelike dorpie gestig waar musiek, kuns en vrye kreatiewe uitinge hoogty vier. Die Amerikaanse Burning Man het laasjaar meer as 60 000 mense getrek na die Black Rock Desert in Nevada. Die eerste samekoms was in 1986 op Baker Beach in San Francisco. Johan Rademan gesels met 'n Suid-Afrikaner, Fred Viljoen, wat 'n kreatiewe vervoermiddel vir Afrikaburn gesweis en gebou het.