
Sign up to save your podcasts
Or


Klik op die video om te kyk en te luister na Ronell se dankie-sê-boodskap na sy haar pragtige sertifikaat vir die "Orde van die Lamp" van Cordis Trust ontvang het. Ronell sê onder meer dat Cordis Trust juis daarin slaag om mense te bemagtig om hulle projekdrome te laat werklikheid word.
Dr Fanie Marais, uitvoerende trustee van Cordis Trust, het gesê die Orde van die Lamp is aan Ronell toegeken vir haar buitengewone bydrae tot die uitdra van die boodskap van hoop deur die Woord.
Klik hier, lees meer en teken in op Ronell se daaglikse reeks vir Oktober 2022: #VERWAGTING
https://ronellbezuidenhout.co.za/verwagting
Agtergrondmusiek: Louis Brittz se “In die Hemel is die Heer” op klavier deur Matt Foster
#leefhoop #CordisTrust #OrdeLamp
“Daar is geen einde aan (God se) ontferming nie, dit is elke môre nuut. U trou is groot.” (Klaagl 3:22-23)
Ek het hierdie reeks - “LENTE-IN-JOU-GELOOF” – met entoesiasme begin! Ek wou deels sien watter vernuwing sal ook in my eie lewe kom. Die winter gaan lê mos nie maar net in ons bene nie; soms is daar ‘n “koeligheid” wat ook erens in ons hart nesskrop. As God nuwe lewe in die natuur kan laat ontwaak, weet ek, God sal (nee, wíl!) dit met ons lewens ook doen. Lente simboliseer vir my genade. Die Latynse woorde (“gratis” en “gracia”) is duidelik: goedheid gratis aangebied.
Elie Wiese het gesê, dink aan elke uur as genade, want wat nou is, is netnou nie meer daar nie. So is dit ook met die son wat elke oggend kop-uitsteek. Gister is verby. Híér is vandag. Die Engelse vertaling van Klaaglied 3:22-24 (uit the Message) is vir my mooi: “God’s loyal love couldn’t have run out, his merciful love couldn’t have dried up. They’re created new every morning. How great your faithfulness! … I say it over and over: He’s all I’ve got left.” Ons kan níé God se goedheid en getrouheid “gedaan” leef nie.
Frederick Buechner, teoloog en skrywer, het gesê, dat “genade” ons herinner dat God aan die woord is: “Hier is jou lewe. Hier is die wêreld. Mooi én slegte dinge sal gebeur, maar jy hoef nie bang te wees nie, in beide mooi én slegte ding is Ek by jou. Alles in die skepping is vir jou bedoel - daar is net een “vangplek”: soos met enige geskenk, is die geskenk van My genade eers joune wanneer jy jou hande oopmaak om dit te ontvang.”
Is daar vernuwing in jou lewe ook nodig? Maak jou hande oop …
GEBED: Met oop hande staan ek voor U. U is die God van ontferming en vernuwing. U is getrou.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Lente-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 29 van #Lente kyk ons na ’n musiekvideo van die groep Veritas se weergawe van “Great is Thy Faithfulness”.
Great Is Thy Faithfulness is 'n gewilde Christelike gesang geskryf deur Thomas Chisholm (1866–1960) met musiek gekomponeer deur William M. Runyan (1870–1957) in Baldwin City, Kansas, VSA.
https://www.youtube.com/watch?v=N2i7_X8RQis
“Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! Hy is die Vader wat Hom ontferm en die God wat in elke omstandigheid moed gee. In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons ook ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer.” (2 Kor 1:3-4)
Een van die groot genadegawes van God is dat ons nie almal dieselfde ervaringe op dieselfde tye beleef nie. Wanneer dit met my goed gaan, kan ek maar op die uitkyk wees, daar sal iemand wees met wie dit nie so goed gaan nie; en anders om. Dit laat my dadelik aan die verhaal van Moses (in Eks 17:12) dink, waar Aäron en Hur Moses “krukke” word. Wanneer Moses moeg word, het hulle “sy arms van weerskante af ondersteun sodat sy arms regop gebly het.”
Die woordjie “comfort” (wat ons met bemoedig vertaal) kom van ‘n Latynse woord af wat ‘n “vaste vesting” beteken. Soos God die Een is wat vir jou ‘n plek van veiligheid aanbied (bv. in Psalm 59:17), so kan jy weer iemand raak wat vir ‘n ander so ‘n skuilplek aanbied. Johannes noem die Heilige Gees (in Joh 14:16) die “Parakletos” (wat in Afrikaans met “Trooster” of “Helper” vertaal word.) In 1 Joh 2:1 word Jesus weer die Parakleet genoem. In 2 Kor 1 noem Paulus vir God, die Vader, die Parakleet (die Vertrooster/Bemoediger). Soos die Vader … soos die Seun … soos die Gees … so ons vir mekaar!
Terwyl sommige onder ons die vernuwing van ‘n LENTE-seisoen geniet, is daar ander vir wie dit eerder soos ‘n donker wintertyd voel. Daar is nie verniet die uitdrukking in Engels nie: “God comforts us to make us comforters, not to make us comfortable.”
Gee vandag aan iemand ‘n LENTEBLOEISEL as ‘n simbool dat God die een is wat sorg.
GEBED: Drie-enige God; dankie dat ek ‘n ontvanger en ‘n aangeër van U sorg mag wees.
KUNS: Moses met Aäron en Hur (1840) deur Thomas Brigstocke.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Lente-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 28 van #Lente kyk ons na ’n sielsvolle musiekvideo van die lied “Wie” deur die Nederlandse sanger en liedjieskrywer Hanne de Vries. Die sanger Reyer tree saam met hom op.
Uit die liriek :
U bent het Leven
In alles verweven
In het donker bent U dichtbij
Als het Licht draagt U mij
U bent overal
Overal dichtbij
https://youtu.be/SVsbYyiFPGo
“Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe.” (2 Kor 4:16)
Toe ek my Ouma Lenie (in haar 90’s) begrawe het, was hierdie woorde van Paulus my begrafnisteks. Hoe swaar was dit nie vir haar kinders, ook vir ons kleinkinders, om die laaste jare van haar lewe se verwering-van-die-lyf te sien nie. Die eens energieke boervrou, teen die einde bloot ‘n bondeltjie bene.
Dit is vreemd dat hierdie herinnering nou by my opkom terwyl ek by hierdie mooiste-mooi uitsig sit en skryf: voor my lê die ingangspoort na die Knysnameer waar die onheilspellende seestrome menige bote laat sink het. Hoe sou hierdie Knysnakoppe gelyk het honderdduisende jare gelede? Maar, uur-na-uur, jaar-na-jaar, millennium-na-millenium se verwering van see en sand laat selfs vaste rotsformasies vergaan en neem klip nuwe vorm aan. Soos ons ook…
Dit is dalk ‘n vreemde gedagte om aan verganklikheid te dink in ‘n reeks oor LENTE-IN-GELOOF. Dalk tog nie. Deur verwering kom iets nuuts tot stand. Nie net in die natuur nie, ook in ons lewens. Uit die oue word die nuwe gebore. Dit gebeur nie plotselings nie. Dit neem ‘n leeftyd se skaaf om ons – algaande – te “ontvorm” en dan te “omvorm”. My nuutword is alles deel van God se skeppingswerk – God wat gesê het, “dit is goed!”
Ek het vele kere gewonder hoe lyk Ouma Lenie se “binnekant”. Nie die verkalkte are en die uitgeputte organe van ‘n bejaarde nie, maar die gelowige vrou wat algaande vernuwe is. Ek kan my indink dat God Sy arms oopgehou het terwyl Hy by haar laaste asemuitblaas sê, “Magdalena Catherina, hoe lank het ek nie vir jou gewag om jou finale LENTE-lewe saam met My te vier nie!”
Vandag se “verwering” deur lewenstorms is die voorbereidingsproses na more se vernuwing.
GEBED: Ook oor my lewe sê U, “Dit is goed”, al voel dit dalk nog nie so nie.
KUNS: Sophie Pascarella de Klerk se foto op Unsplash.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Lente-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 27 van #Lente kyk ons na ’n video opname van die lied “God is goed”, gesing deur die Nederlandse Kinderkoor Kadosj by die Oude Markt in Vlissingen vir die program Nederland Zingt.
Uit die liriek:
God is goed, komt, zingt en jubelt.
God is goed, zo vieren wij.
God is goed, er is geen twijfel.
God is goed, dit weten wij.
En als ik nu aan zijn liefde denk,
wordt mijn hart zo blij
dat ik wil gaan dansen.
Want in zijn hart is ook plaats voor mij
en ik ga als een kind naar Hem toe.
https://youtu.be/LMAMiILSGo8
Die woord "verwagting" beteken om uit te sien na iets waarvan jy ‘n sterk hoop (noem dit selfs sekerheid) het dat dit sal realiseer.
Dit is dus nie ‘n wens – soos ‘n tipe “mogge-troffe” – nie; iets soos om te “hoop” dat môre beter sal gaan as vandag, wetend dat die kans bestaan dat dit dalk nie beter sal gaan nie.
‘n Verwagting word gebou op ‘n belofte. Hoe betroubaarder die een wat die belofte maak, hoe sterker kan jou verwagting wees dat dit sal realiseer.
Ons leef in ‘n tyd waarin mense baie min verwagtinge uitspreek; of wanneer daar verwagtinge is, is dit eerder op die negatiewe gefokus: bv ons verwagting dat dinge al slegter met ons sal gaan, in plaas van beter. Ten spyte daarvan dat God aan ons ‘n belofte maak dat ons toekoms by God seker is, weeg die skaal aan die teenoorgestelde kant daarvan soms swaarder. Asof God kompetisie het …
Die christelike geloof is die geloof wat by uitstek met die woord “verwagting” te make het. Dit begin al in die Ou Testament. Waarskynlik is een van die mees geliefkoosde skrifgedeeltes vir alle mense, die profesie van Jeremia waar hy vir die volk – as spreekbuis namens God – sê, “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!” (Jer 29:11)
Hierdie woord “verwagting” kom ons gereeld in die Bybel teë: Dink aan die mooie Psalm 25:3, “Niemand wat sy verwagting in U stel, sal beskaam word nie.” In 1 Pet 1:13 (uit die NLV) lees ons: dat ons “met verwagting (kan uitsien) na die genade wat vir julle gebring word wanneer Jesus Christus weer verskyn. Sorg dat julle helder dink en gedissiplineerd lewe.”
Ons verwagting is op ‘n belofte gebasseer: die belofte van ‘n Messias se koms; die belofte van die koninkryk van God waaraan ons nou reeds deel kan hê; die belofte van lewe saam met God.
Het jy al probeer om ‘n lysie te maak van die verwagtinge wat jy van God het? Iemand het eenmaal gesê dat God jou ontmoet volgens die verwagtinge wat jy van God het. Verwag jy “groot dinge” van God? Of is jou verwagtinge klein? Is daar verwagtinge waaroor die Bybel praat wat jy dalk al van vergeet het?
In Oktober gaan ons die woordjie “verwagting” onder die vergrootglas plaas. Omdat ons verwagtinge op beloftes gebasseer is, moet ons die beloftes van God dalk eerder onder die vergrootglas plaas. Dit is tog waarop ons geloof basseer is!
Dalk is dit presies wat jy nodig het – om weer in verwondering te staan oor die beloftemakende God. God is die God vol verwagtinge – verwagtinge oor jou en my.
Ek nooi jou uit om deel te word van hierdie groeiende internetbediening.
Ek nooi jou uit om die daaglikse meditasie-boodskap op Facebook, Instagram en op ons webwerf te lees en op potgooi-platforms daarna te luister.
Jy kan dit ook daagliks per WhatsApp ontvang, maar ingevolge die nuwe Popi-wetgewing moet jy self daarvoor inteken op die skakel onder. (Behalwe as jy reeds deel van ons daaglikse WhatsApp-groep is). Jy kan kies tussen 21:00 of 06:30 vir jou dagstukkie se lewering. Ons deel ook ekstra inligting, video's en selfs musiek op Facebook en Instagram en die webwerf.
Klik en lees meer oor die reeks: https://ronellbezuidenhout.co.za/verwagting
Alhoewel ek afhanklik is van vrywillige donasies om hierdie bediening lewensvatbaar te hou, herinner ek mense gereeld: dit ‘n gratis bediening wat oor kontinente heen versprei word. Bydraes wat gegee word is volgens elkeen se persoonlike omstandighede.
Ek hoop dat jy hierdie geloofsreis saam met my sal volg.
#verwagting #leefhoop #elkedag
Agtergrondmusiek: Louis Brittz se “In die Hemel is die Heer” op klavier deur Matt Foster
“Die Here regeer! Sy skepping moet oorloop van blydskap. Van hier tot in die laaste hoekie van die wêreld moet hierdie blydskap weerklink.” (Ps 97:1 – Die Boodskap)
Al wat ek kon doen was om “met my siel” te begin sing! Vir eenmaal het ek – ‘n woordmens – swygsaam gestaar, in verwondering gebid: “O Heer my God, as ek in eerbied wonder …”*
Saam met ‘n groep buitelandse toeriste bevind ek myself in die ooptes van die Indiese Oseaan – water so ver soos ons kyk. Ons het ‘n permit gekry om die walvisse te “besoek”: groot moederwalvisse en hul kalfies. Die bonus was die speelse dolfyne en robbe wat vir kilometers “bokspring”. Al wat ek kon doen met die grootsheid van die oomblik was om oor-en-oor te neurie: “Dan moet ek juig, my Redder en my God!”
Die skeppingspsalms nooi ons om met oop oë te leef, want “sonder spraak en sonder woorde, onhoorbaar is (die getuienis van die ganse skepping) hul stem” (Psalm 19:4). Wees net bereid om te luister, dan sal jy hoor: “Die hemel getuig van die mag van God, die uitspansel maak die werk van sy hande bekend” (19:2). “U kroon die jaar met u goeie gawes” (Psalm 65:12). “Daar is baie dinge wat U gemaak het, Here! U het alles gemaak omdat U weet hoe” (Psalm 104: Die Boodskap).
Of dit vandag die kleinste miertjie is, of dalk ‘n 14 meter-lange boggelrugwalvis, mag jy ook sing: “Die dieptes van die aarde behoort aan Hom, die kruine van die berge is Syne. Die see is Syne, Hy het dit gemaak; sy hande het die land gevorm. Kom ons val in eerbetoon voor Hom neer, kom ons buig, kom ons kniel voor die Here ons Skepper” (Psalm 95:4-7).
GEBED: O Heer my God, as ek in eerbied wonder - en al u werke elke dag aanskou …
Dan moet ek juig: hoe groot is U!
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Lente-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 26 van #Lente kyk ons na Loyiso Bala en Don Moen se musiekvideo van "How Great Thou Art”.
Uit die liriek:
Oh Lord, my God
When I, in awesome wonder
Consider all the worlds Thy hands have made
I see the stars, I hear the rolling thunder
Thy power throughout the universe displayed
Then sings my soul, my Saviour God to Thee
How great Thou art, how great Thou art
Then sings my soul, my Saviour God to Thee
How great Thou art, how great Thou art
https://youtu.be/v_rWMQp2Hho
“Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom.” (Ps 90:12)
In sy boek, “A Time for God”, het die Britse teoloog, Leslie Weatherhead, die 24 uur siklus van die dag gebruik om te illustreer hoe lank ‘n gemiddelde mens se lewe is. So het hy uitgewerk – en ek gee dit nou sommer net by benadering: as jy bv. 20 jaar oud is, is dit op die “Groot Lewenshorlosie” bykans 11:30. Is jy 30, dan staan jou lewenswysers op 13:41. Vir ‘n 45-jarige slaan die klok reeds 17:15. As jy 60 is, is die dag verby en is dit al goed donker – dan is dit so na half nege. As jy 70 is dit al bykans slaaptyd …
Elkeen sal hul eie som kan maak, maar al wat Weatherhead doen, is om ons te laat nadink oor die waarde van elke oomblik van jou dag! Wat maak jy met jou lewe? Waarmee vul jy jou dae? Soos Annie Dillard gesê het, “hoe jy jou dae deurbring is hoe jy jou lewe deurbring.” Sou hierdie dalk jou laaste lente-seisoen wees, wat sal die nagedagtenis wees wat jy agterlaat?
Ons het nie méér ure in die dag nodig nie (al voel dit soms asof ons dae te kort is); 24 uur is vir almal ewe lank. Wat wel waar is, is dat nie almal van ons die waarde (en voorreg) van 24 uur ewe hoog ag nie! Die Psalmdigter bid, “Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees” (Ps 90:14). Om een dag te leef, gevul met God se liefde, is kosbaarder as ‘n ganse lewe daarsonder! Om God se liefde te mag beleef, is dit wat vreugde en blydskap vir ‘n lewe bring. Nie meer ure nie, Here, meer liefde! Maak dit jou gebed, dan sal jy wys begin leef.
GEBED: Die dae wat ek het is genoeg, Here, as ek dit met wysheid leef.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Lente-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 25 van #Lente kyk na die groep CityAlight we weergawe van die bekende lied “Ancient of Days”. Het jy geweet dat daar ’n sterk Suid-Afrikaanse invloed in die trefferliedjie was?
“Ancient of Days” is in 1991 deur die liedjieskrywers Jamie Harvill en Gary Sadler geskryf. Dit is kort daarna deur Ron Kenoly vir sy album “Lift Him Up” opgeneem en die res is musiekgeskiedenis.
"Ons inspirasie was Daniël 7:22," verduidelik Harvill. "Daniël se visioen sluit die 'Oue van Dae' in, en dat Sy koninkryk nie sal verbygaan nie. Ons was lief vir die hemelse, aanbiddende beeldspraak."
Sadler het reeds met die liedjie se titel en 'n basiese versmelodie vorendag gekom. Harvill het destyds na 'n Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en kunstenaar Johnny Clegg geluister en het van Clegg se etniese trompatrone net vir die pret begin naboots. Sommige van dieselfde klanke het die rigting geword wat die twee skrywers ingeslaan het toe hulle die stukke van "Ancient of Days" begin saamstel het.
https://youtu.be/PPpGphzScjA
“Laat ons ontslae raak van enigiets wat ons hinder om die wedloop van die lewe behoorlik te hardloop. Dit is veral die sonde wat ons gedurig wil pootjie ” (Heb 12:1 – Die Boodskap).
LENTE-GELOWIGES is nie net mense wat bevry is om te dien en lief te hê (#22) en al dansend-lofprysend (#23) voor die Here te verskyn nie; dit is mense wat ook bevry is van swaar bagasie. Sulke mense trap ligvoets deur die lewe. Die spore wat hulle nalaat (nie net op die aarde nie, maar ook in ander se lewens) is sag en strelend omdat hulle nie met swaarmoedige harte en voete hoef te loop nie.
Lofprysing en sondebelydenis is nie teenpole van mekaar nie – dit is komplimenterend. Die Goddelike Hand word altyd vir ons aangebied wanneer ons laag kniel; dieselfde Hand wat ons uitnooi na die dansbaan van die lewe. Hoor hoe mooi skryf Dawid daaroor: “Neem tog my sonde weg dat ek rein kan wees ... Laat my weer blydskap en vreugde belewe. Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is, laat my U weer met toewyding dien” (Ps 51:9-10,14).
Ons maak ‘n fout sou ons dink dat sonde bloot die doen van verkeerde dinge is. Daardie verkeerde dinge is maar net simptoom. As ware vryheid – soos Augustinus sê - beteken dat jy is wat jy bedoel is om te wees (t.w. die verteenwoordiger van God); dan is sonde oral waar God nie verteenwoordig word nie. Sonde doen afbreek aan God se beeld in die wêreld.
Paulus leer dat die werk van die Heilige Gees is juis “om ons al meer te verander om aan die beeld van Christus gelyk te word” (2 Kor 3:18).
Maar onthou, sonde lê óf swaar op jou skouers, óf swaar op Jesus se skouers.
GEBED: My Here, vergewe my van al my sonde, en mag ek U my ganse lewe lank dien.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Lente-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 24 van #Lente kyk ons na ’n musiekvideo-uitvoering in viool en kitaar van Vine A Adorarte (Here I Am To Worship) deur die Argentynse-musikant Josy Fischer. Die oorspronklike woorde en musiek is deur Tim Hughes en Darlene Zscech.
Uit die liriek:
King of all days
Oh so highly exalted
Glorious in heaven above
Humbly You came to the Earth You created
All for love's sake became poor
And I'll never know how much it cost
To see my sin upon that cross
https://youtu.be/7S4z5n7vLP0
“Hulle sing en bespeel die fluite: Die bron van my seëninge is in Sion!” (Ps 87:7, Nuwe Lewende Vert). “Met sang en dans sal almal Sion prys” (Ps 87:7, 1983).
Ek kan my die neus-optrekkerige (of was dit neus-afkykende) Mikhal, dogter van Saul, se irritasie indink toe sy die nuwe troonopvolger, koning Dawid, al singend en dansend, voor die ark opmerk. Toe sy hom later hieroor berispe, antwoord Dawid: Maar dit is nie vir jou wat ek dans nie – “Ja, voor die Here sal ek dans!” (2 Sam 6:22).
Met die oog op die volk wat jaarliks die tempelpoorte sou ingaan, het Dawid ‘n danklied geskryf: net vyf verse lank, maar kyk net die baie werkwoorde in Psalm 100: juig, dien, verskyn, erken, gaan binne, dank, prys. So asof die koning die volk wil uitdaag om hulle regoprug-houdings by die tempelpoorte agter te laat en vrolik voor God te dans. Wie kan nou stilstaan as jy so bly is? Immers, “ons is Syne!” (vers 3). Die Here is goed; sy liefde is eindeloos; sy getrouheid onbegrensd (vers 5).
Hierdie beeld van die dansende en singende volk, het my herinner dat mense wat vry is, onbevange kan sing en dans. Mense wat werklik vry is, is mense wat met onblusbare blydskap leef! Mense wat “ingehok” is (#22) se bewegings is gestrem; hul stemme is stil; hulle staar voor hulleself uit. Ernstige, bedeesde godsdienstiges. Sulke mense dink selde aan Jesus as ‘n singende en dansende man, gevul met blydskap. Tog was dit deel van sy geloofstradisie. Saam met sy volksgenote het Hy ook Psalm 100 gesing. Hy sou goed verstaan het wat Jakobus bedoel toe hy skryf, “As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing” (Jak 5:13).
Mag vandag vir jou ‘n loflied op maat van dansmusiek voor God wees!
GEBED: Ek bid en ek sing; ek jubel en juig: ek behoort aan U!
KUNS: “David Dancing” deur Richard McBee (www.richardmcbee.com)
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Lente-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 23 van #Lente kyk ons na “Shout for Joy” (Psalm 100) deur APC Music van Bangalore in Indië.
Uit die liriek:
Let the ground shake
As our voices we raise
And our shouts of joy
Ring out
Know that the Lord is God
It is He who made us
Shout for joy, all the earth
As we enter in His gates
Give thanks to Him, praise His name
For He is good, His love is forever
oh oh oh oh oh oh oh oh
His love is forever
https://youtu.be/Bkw2s52tt_U
“Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees…” (Gal 5:1).
Ek hou niks daarvan om “ingehok” te voel nie. Dit is presies wat die winter met ons doen. Die oomblik wanneer die lente aanbreek (en die lae en lae klere kan verdwyn) voel jou siel sommer “vry”.
Godsdiens wat uit ‘n klomp moet’s en moenie’s bestaan is ook ‘n tipe “ingehoktheid.” Wanneer Jesus sê, “kom na My toe” (Matt 11:28) was dit juis om die grendels van “ingehokte godsdiens” oop te breek. LENTE-IN-GELOOF is Jesus se uitnodiging vir iemand wat totale vryheid wil beleef.
Die kerkvader, Augustinus van Hippo (4de eeu), het baie oor hierdie soort vryheid nagedink. Volgens hom is ware vryheid nie ‘n keuse wat jy maak nie. Ware vryheid word ook nie bereik as daar geen beperkinge vir jou is nie. Ware vryheid is om te wees wat jy bedoel is om te wees. Nou is die vraag, wat is ons bedoel om te wees? Ons is bedoel om “soos God” te wees (sien #21). Dit is werklike vryheid!
‘n Ander kerkvader, Martin Luther (16de eeu), het weer gesê: ’n Christen is die vryste mens van alle mense, onderdanig aan geen heerser nie; terselfdertyd is ‘n Christen die betroubaarste dienskneg met ‘n groot verantwoordelikheid , nl. geroep om lief te hê. Soos Paulus skryf, “Julle is tot vryheid geroep …dien mekaar in liefde” (Gal 5:13). Op ‘n ander plek skryf hy weer, “Omdat julle kinders van God is (m.a.w. beelddraers van God) en Hy julle liefhet, moet julle sy voorbeeld volg: lewe in liefde” (Ef 5:1-2).
So, is jy werklik vry?
GEBED: Ewige God, gee aan ons die genade om U te mag ken; want om U te ken is om waarlik lief te hê; om U lief te hê is om U waarlik te dien; en om U te dien is om waarlik vry te wees. (Augustinus van Hippo)
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Lente-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms luister. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 22 van #Lente kyk ons na die liriekvideo van die “A Thousand Shores” deur die groep Citizens.
Uit die liriek:
You know what I’m thinking before I ask
You’re in my future, you’re in my past
It’s hard to imagine the way you move
Who is like You?
You give my eyes the light to see
You give my lips the words to speak
You give my lungs the air to breathe
You are my everything
https://youtu.be/iKGu82wwxpo
From the publisher's feed