Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

By Ronell BezuidenhoutReligion & SpiritualityChristianity
Download on the App Store

Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude episodes

  • Dag 2 van meditasie-reeks #LewendeHoop

    Het jy al gewonder hoeveel woorde kom daagliks oor jou lippe?  Blykbaar praat die "gemiddelde" mens (as daar so iemand is) 8 000-13 000 woorde per dag.   As jy dalk 10 000 woorde per dag sou praat, is dit 70 000 per week; en 'n stewige 3+ miljoen woorde in 'n jaar. Blykbaar is net 500-700 van daardie woorde betekenisvolle woorde.  (Al die ander is "sommer maar".)   80% van ons gedagtes is blykbaar negatief, (en 95% van vandag se gedagtes is dieselfde as gister en eergister s'n).  

    Het jy al ooit gewonder hoeveel WOORDE VAN HOOP kom daagliks oor jou lippe? Of dalk, hoeveel GEDAGTES VAN HOOPVOLHEID bedink jy? G'n wonder Paulus dring so daarop aan dat ons ons gedagtes moet rig op "alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees" (Fil 4:8).   Hy verduidelik waarom: "Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. Rig julle gedagtes op die dinge wat daarbo is, nie op die dinge wat op die aarde is nie, want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God" (Kol 3:1-3).

    Die woordjie wat Paulus gebruik ("froneo") beteken dat ons "uitsoekerig" (kieskeurig) moet wees met ons gedagtes.  Rol die gedagtes rond totdat jy die regte gedagte vind, en dan hou jy jou gedagte gerig daarop.  Amper soos iemand wat 'n harde suiglekker op jou tong laat smelt, terwyl elke smaakklier geaktiveer word.  

    Woorde maak saak!  Gedagtes ook. Sokrates het toentertyd reeds gesê, "ons is wat ons dink."  Ons leef ons gedagtes. 

    Waaraan gaan jy vandag dink?

    GEBED:  Leer my om met U gedagtes my gedagtes te vul, Here.

    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

    2 MEI
    MUSIEK:  Op Dag 2 van #LewendeHoop kyk ons na die musiekvideo van Mike J Willemse se lied “Waar is jou hoop”. 
    Mike het die lied self geskryf en hy sê die konsep daarvan is om die boodskap oor te dra dat daar steeds rede is om te glo, en dat ons in liefde hande moet vat met die hoop dat ons saam kan staan in geloof, God moet dien en vir Hom dankie moet sê vir alles wat Hy vir ons doen. Die Woord van God sê, volgens Mike, immers dat ons ons naaste moet liefhê.
    https://youtu.be/2GLEZnwOQqY

    4 min
  • Dag 1 van meditasie-reeks #LewendeHoop

    Die "Brenthurst Stigting" het in 2021 'n opname onder Suid-Afrikaners gedoen en gevind dat slegs 36% van hulle hoopvol is oor die toekoms. In 'n ander studie het Suid-Afrika die "titel" gekry as "10de hoogste selfmoord-land" in die wêreld (een derde was onder ons tieners.)   As dit waar is, is die meeste van ons moedeloos en uitsigloos. Toekomslose mense op 'n ashoop.  Ek ken baie sulke mense:  mense wat ook hulle kruisie by "hooploos" sou trek.   

    Maar (soos statistieke mos maar is) klink iets nie reg nie.  Veral nie as "die statistieke" ook beweer dat Suid-Afrika 'n populasie van 79.7% christene is nie.  Iets pas nie lekker nie!  Christene? Hooploos?  (Selfs al sou ons baie minder wees!)   Is ons dan nie juis die boodskapdraers van hoop nie?  Het ons nie 'n "vrede wat alle verstand te bowe gaan" nie?  Is ons nie Paasfees mense nie?

    Soms praat ons oor hoop asof dit iets is wat ons in "aaklige" tye moet deurdra, amper soos 'n reddingsboei op 'n rowwe see.  Maar hoop is véél meer!  Hoop is die sleutel wat van gewoon buitengewoon maak.  Hoop gee 'n perspektief waar ander niks meer sien nie.  Hoop werk vir 'n heel wêreld omdat dit God se wêreld is.  Hoop is onblusbaar omdat dit deur die Heilige Gees aangesteek is.   

    Hoopvolle mense kyk nie die slegte dinge om hulle mis nie.  Inteendeel!  Hulle sien júís raak!  Maar hulle draai nie hulle rug op dit wat verkeerd is nie.  Hulle bid gereeld vir mekaar die seëngebed van Rom 15:13 toe:  "Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees!"  Soos ek dit vandag vir my en jou ook bid!

    GEBED:  Here, maak my hoop ook al sterker deur die krag van die Heilige Gees.

    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #LewendeHoop-reeks daagliks ook op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/



    Op die eerste dag van #LewendeHoop  luister ons na “Jesus, Hope of the World” deur Mark Fortino en Ellen Tuttle.  

    https://youtu.be/XFPI25UIk68

    4 min
  • Dag 13 van meditasie-reeks #Spoorlangs in Pase

    Op Universiteit het ons 'n liewe professor gehad wat sy lesings (en sy boeke) altyd afgesluit het met, "Laastens, allerlaastens, ten slotte".  As student het dit altyd by my 'n glimlag laat opborrel: dat die oom nooit by sy einde kon uitkom nie.  Daar was altyd nóg iets! 
    Dit is waaraan ek dink op hierdie laaste dag van SPOORLANGS. Wat sê 'n mens as 'n "slot"-gedagte na 'n tweemaande geloofsreis, al SPOORLANGS? Waarskynlik dat daar nie van 'n "slotwoord" sprake is nie. Dat vandag se slotwoord weer môre se aanvangswoord is.  

    Dit het ek geleer met hierdie reis:  ons glo nie "in" die opstanding omdat dit 'n gebeurtenis in die verlede is nie.  Ons glo in Jesus wat van homself gesê het, "Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy ook; en elkeen wat lewe en in My glo, sal in alle ewigheid nooit sterwe nie"  (Joh 11:25-26).  

    Marta, die suster van Lasarus, sou 'n week later ook die gerugte gehoor het van die graf wat leeg is.  Dalk was sy, as een van Jesus se naaste vriende, ook daardie aand in die vertrek waar almal bymekaargekom het. Dalk het sy aan Jesus se woorde gedink toe sy Hom "in lewende lywe" sien. 

    Terwyl ek nou Joh 11:25-26 lees besef ek, daar is tog "laaste woorde" aan hierdie gesprek.  Want net hierna vra Jesus vir Marta net drie woorde:  "Glo jy dit?” (11:26).

    Dalk is dit elke oggend die eerste woord waarmee ons dag begin, as die son opkom (as simbool van die opstanding):  Glo ek dit?  Glo ek dat nuutheid - ook vandag - moontlik is?  Om nuwe kanse ook vir ander te kan gee? Ook vir myself? 

    Glo jy dit?

    GEBED:  Here, U wat die dood en die lewe in U hand vashou; ook my lewe: dankie dat ek hierdie oomblik ten volle kan leef, sonder om die dood te vrees. Dankie dat ek in U kan glo!


    KUNS-BRON: “The Resurrection Window” in die Canterbury-katedraal in Engeland. (13de eeuse gebrandskilderde glas)

    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    MUSIEK:  Op die laaste dag van die reeks #Spoorlangs kyk ons na ‘n video van die groep Onbeskaamd  se “Waarlik - Ek Het U Lief”.

    Uit die liriek:

    Ek het U waarlik lief Jesus
    Met my hart ontbloot voor U
    Deursoek dit deur en deur
    Vra my weer & weer
    U weet alles Here
    Ek het U waarlik lief
    U liefde laat my sprakeloos
    Dankie Jesus vir wat u vir my gedoen het
    En alles prysgegee het

    https://youtu.be/C5lW-2D6SlM

    4 min
  • Dag 12 van meditasie-reeks #Spoorlangs in Pase

    Die opstanding impliseer verandering.  Niks kan daarna ooit meer dieselfde bly nie.  Tog weet ons, verandering is moeilik. Ons gooi gewoonlik tou op. En verander ons, lyk dit of daar in elkeen van ons 'n "default" is waarheen ons altyd terugkeer.  

    C.S. Lewis het eenmaal gesê,  "Ons is eintlik ten diepste halfhartige wesens wat onsself flous met die oppervlakkige dinge van die lewe wat tydelike plesier bied.  Ons is soos kinders wat eerder wil aanhou modderkoekies bak, omdat ons nie die uitnodiging verstaan van wat 'vakansie by die see' beteken nie. Ons is veels te vinnig tevrede met te min."

    Maar, jou "default" hoef nie die laaste sê te hê nie. Hoe? Volg hierdie raad van Rom 12:1-2:  Gee jou aan God as 'n lewende en heilige offer wat vir Hom aanneemlik is. (M.a.w., wees gewillig om van jou ou manier van dink afstand te doen - volledig, sonder voorbehoud.)  Tweedens: moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie. (M.a.w. jou maatstaf gaan nie meer die lewe wees soos jy dit voorheen geken het nie.), en derdens, laat God toe om die werk te doen - of soos Paulus dit sê, "Laat God julle verander deur julle denke te vernuwe." (M.a.w., Net deur die krag van God kan die klip voor die "nuwe jy" weggerol word.) 
     
    In Grieks is die woord vir bekering "metanoia". Bekering beteken om 'n "nuwe verstand" aan te neem ('n "meta nous") aan.  Jy kry 'n gans anderse manier van kyk na die lewe.  Daar is by jou 'n ingrypende verandering in die manier van dink.  Jou "ou default" is vir altyd vergete.

    Dit is wat die opstanding moontlik maak!  As jy dit sou wou hê, bygesê.

    Bron-kuns:  ’n Gedenkplaat tydens Pinkster (1150–75). Gemaak in die Meuse Vallei in Suid-Nederland in vergulde deurskynende emalje op koper.


    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    MUSIEK:  Op Dag 12 van #Spoorlangs in Pase kyk ons na ‘n Nederland Singt-video van “Ancient Words” se Nederlandse vertaling 'Vertrouwde woorden'.  Dit is in September verlede jaar in die Martinikerk in Doesburg opgeneem. 

    Uit die liriek:

    Oude taal, lang bewaard
    voor ons leven op aard’,
    waar je ’t hart van God in hoort.
    Geef die vertrouwde woorden door.
    Woord van leven - geeft kracht.
    Woord van hoop - biedt houvast.
    Waar wij dwalen, oost of west,
    woorden wijzen ons de weg.

    https://youtu.be/x3kJ_R19N2E


    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/





    4 min
  • Dag 11 van meditasie-reeks #Spoorlangs in Pase

    Hoe word die opstanding jou "alles"?  Ek wonder of die gemeente van Efese dit ook by Paulus wou weet, want dit is juis waarvoor hy bid:  "Ek bid dat Hy julle geestesoë so verhelder dat julle kan weet … hoe geweldig groot sy krag is wat Hy uitoefen in ons wat glo. Dit is dieselfde kragtige werking van sy mag wat Hy uitgeoefen het toe Hy Christus uit die dood opgewek en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het" (Ef 1:18-20).

    Die opstanding van Jesus is nie 'n "historiese feit" waarin jy moet glo, asof dit vasgevang is in 'n geloofsbelydenis wat jy móét kan opsê voordat jy jouself 'n christen "mag" noem nie (- alhoewel báíe mense so daaroor dink).  Die opstanding van Jesus is lewende krag.  Soos Paulus skryf:  "nie net in hierdie bedeling nie, maar ook in die bedeling wat kom" (v21).  Van daardie dag dat die graf leeg gevind is, tot vandag steeds, tot in alle ewigheid.   Die naaste wat ek dit self verstaan is om aan die "Big Bang" te dink, wat begin het, en nog net aanhou en aanhou.  Daardie "Big Bang" - of soos Paulus dit noem, die "kragtige werking" - is soos dinamiet (dis die woord wat Paulus gebruik) wat alles wat vas en versteen was kon oopskiet.  En steeds aanhou hou die "dunamis" aan.

    Al wat moet gebeur, is dat ons "geestesoë" se blinde kolle al kleiner en kleiner moet raak om die krag van God te ontdek.  Dis asof Paulus soos die blinde Bartimeus vra, "Rabboenie, laat hulle sien."    

    Ons moet nie al meer "in die opstanding" glo nie … ons moet toelaat dat God die opstanding in ons lewens laat gebeur!

    GEBED:  Ek bid vandag Paulus se gebed vir myself ook:  verhelder my geestesoë, Here, dat ek ook U krag meer-en-meer kan leer ken.

    KUNS-BRON: Akriel op Gemengde Media deur Joan Thomson. Hierdie abstrakte skildery beeld die plofbare "dunamis" uit (Griekse woord vir krag; dieselfde woord oorsprong as dinamiet!) krag van die Heilige Gees. Die baie kleure praat van die vele maniere waarop die Heilige Gees werk. Die golwende blou lyne aan die linkerkant verteenwoordig lewende waters (Johannes 7:38,39) die groen lyn aan die linkerkant, nuwe lewe (2 Korintiërs 3:6).  Lees meer oor haar kuns by https://artsrelease.org/en/resources/the-power-of-the-holy-spirit.

    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/



    MUSIEK: Op Dag 11 van #Spoorlangs in Pase luister ons na die pasvrygestelde lied “Won't Let Me Go” deur Sanctus Real. 

    Uit die liriek:

    You've been patient, patient with me
    Longing for me, for me to see
    See You standing, with arms open wide
    You've been calling, You've been calling

    https://youtu.be/VcXLUWFSWV8

    4 min
  • Dag 10 van meditasie-reeks #Spoorlangs in Pase

    Daar is min mense vir wie die opstanding só 'n groot verskil gemaak het, soos vir Paulus.  Jy kan 'n toegewyde gelowige wees - soos Saulus inderdaad was.  (Hy wou juis die geloof waarvan Jesus deel was beskerm).  Jy kan selfs fanaties in jou toewyding wees - soos Saulus was.  ("Saulus (het) soos 'n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig" Hand 9:1.)  Maar, toe hy die opgestane Jesus op Damaskuspad ontmoet, het alles verander.  Saulus ontdek dat hy nie die Jesusvolgelinge vervolg nie, maar die lewende Jesus sélf :  "Ek is Jesus … Dit is vir My wat jy vervolg" (Hand 26:15).  Daardie ontmoeting het sy hele lewe verander.  

    Vanuit daardie ontmoeting skryf Paulus vir die gemeente in Korinte:  "As Christus nie opgewek is nie, is julle geloof waardeloos…" (1 Kor 15:17).   Vir hom staan die kruis tussen sy "Saulus-dae" en sy "Paulus-lewe".  Dis die kruis tussen sy ou self en sy nuwe self.  Dit is die kruis wat ook tussen ons ou self en ons nuwe self staan.  Soos hy skryf:  "Ek is saam met Christus gekruisig…" (Gal 2:19a).   Maar, as alles net by die dood van die kruisiging gestop het, hoe kon daar nuwe lewe moontlik wees?  Of vir my en jou?  Máár, dit is danksy die opstanding dat Paulus dan verder gaan:  "… en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe" (Gal 2:19b).  Jesus leef, en Jesus se Gees leef in ons.

    Hoe leef mense "wat nie meer leef nie"?  Hulle leef die lewe soos Jesus dit geleef het.  En Jesus het dit duidelik gestel:  "Ek het van die hemel af gekom nie om my wil te doen nie, maar die wil van Hom (die Vader) wat My gestuur het" (Joh 6:38).

    GEBED:  Here, dankie vir die kruis; meer nog, dankie vir die nuwe lewe!

    KUNS-BRON:  Hierdie treffende loodglasvenster van Paulus wat die Opgestane Jesus op die pad na Damaskus teëkom en geroep word om 'n apostel te wees is in die St Giles-katedraal in Edinburg. Foto deur Vr. Lawrence Lew.  Sien nog van sy foto’s hier:  https://www.flickr.com/photos/paullew/
     

    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    MUSIEK:   Op Dag 10 van #Spoorlangs in Pase luister ons na “Paulus, Op. 36 Oratorio -Es war aber ein Jünger zu Damaskus" deur Felix Mendelssohn-Bartholdy met Leon Botstein, die  Koninklike Skotse Nasionale Orkes en Koor, Susan Roberts, Ruby Philogene, Glenn Siebert, Mark Beesley en Christopher Bell.

    https://youtu.be/H7FdWZzp64Q

    4 min
  • Ronell gesels oor nuwe reeks: Lewende Hoop


    Het jy al langer as 'n paar sinne oor hoop probeer gesels, sonder om prekerig te klink?  Dit is glad nie so eenvoudig nie.  Want die hoop waarvan Jesusvolgers praat, is nie 'n naïewe geloof dat omstandighede beter moet word nie.  Dit is nie goedgelowige optimisme nie.  Dit is beslis nie beperk tot sekere persoonlikheidstipes nie.

    Het jy al ooit daaraan gedink dat hoop juis en alleenlik vir hierdie lewe nodig is.  Ons het nie hoop in die lewe hierna nodig nie, want daar leef ons in die teenwoordigheid van hoop.  Petrus skryf juis dat ons "nou reeds 'n lewende hoop" het. 

    Hoop is geskenk, maar dit kan net vrug dra dra wanneer dit gedeel word.  Jy ontvang dus lewende hoop; en wanneer jy dit uitdeel word jy self dit wat jy uitdeel:  "lewende hoop".  So neem jou eie hoop toe.  

    Daar is waarskynlik geen beter tyd om oor hoop na te dink as juis nou nie!  Ons is Paasfeesmense. 

    Met my nuwe reeks - 'LEWENDE HOOP' - wil ek vanaf die eerste Mei  nadink oor die implikasies van hoop VIR ONS DAAGLIKSE LEWE.  Nie net om self hoopvol te leef nie, maar veral om hoop vir hooploses te word.  

    https://youtu.be/oPFrKZwKD5M

    Registreer vandag nog om deel van hierdie groeiende internetbediening te word.  Jy ontvang - gratis - 'n daaglikse boodskap per whatsapp om te lees wanneer jy wil.  Elke boodskap word ook vergesel met gepaste musiek.  Daar is potgooie beskikbaar van elke boodskap wat jy kan aflaai of vir ander kan aanstuur.  

    Wat kan jy verwag?

    • Ek bly weg van maklike antwoorde; die snykant van die lewe het my self al te diep getref;
    • Ek is 'n opgeleide teoloog wat my lewe daaraan wy om verantwoordelik met die Bybel te probeer omgaan - wetend dat die Heilige Gees ons altyd verras;
    • Ek skryf vir mense wat "dieper" wil nadink as net die oppervlakte.  Mense wat al bietjie deur die meule van die lewe gegaan het.  Ek dink nie ek skryf net oor "vitamines-vir-die-siel" nie.  Dalk skryf ek maar vir myself, oor dit wat ek self meer van wil weet, of wat ek moet leer.
    • Dit is inderdaad gratis.  Vrywillige donasies maak hierdie bediening moontlik. 
     
    Lees meer en registreer hier vir ons nuwe reeks:  

    https://ronellbezuidenhout.co.za/lewendehoop


    #LewendeHoop #LeefHoop #ElkeDag 

    Agtergrond-musiek: Living Hope van Phil Wickham op viool deur Josh Rim.

    5 min
  • Dag 9 van meditasie-reeks #Spoorlangs in Pase

    Ons staan einde se kant toe met ons reeks oor SPOORLANGS.  In Lydenstyd was dit al in Jesus se voetspore oppad Golgotha toe, en vanaf die oop graf die roete Galilea toe.   Dalk is dit goed om vir die laaste paar dae te gesels oor 'n moeilike vraag:  "…en wat nou?"  

    Baie mense dink aan Paasfees as 'n naweek-lank.  Ander dink weer aan Pase as 'n periode in ons kerkjaar wat 'n einde kry as Pinkstertyd begin.  Pase het geen einde nie:  Pase is die brug tussen hooploosheid en lewe.  

    Lyding en hoop loop altyd hand-aan-hand. Ons is nooit mense wat lyding as "hooploos" mag beskou nie. Gelyktydig is dit wreed om nie die swaarkry van menswees ernstig op te neem nie.  Die brug tussen lyding en ware hoopvolheid loop deur die oop graf.  Die opstanding van Jesus maak dit vir ons moontlik om ons oë op te lig, selfs terwyl die trane oor ons wange rol.  

    As daar mense was wat lyding geken het, dan was dit die mense aan wie Petrus sy briewe geskryf het.  (Lees maar hoe word hulle geloof deur lyding getoets in 1 Pet 1:6-7.)  Maar die opstanding maak vir hom ál die verskil:  "Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop" (1 Pet 1:3). 

    Nou reeds!  Nie net eers eendag nie.  Vandag reeds.  "Deur in Hom te glo, al sien julle Hom nou nie, het julle reeds deel aan die saligheid wat die einddoel van julle geloof is" (1 Pet 1:9).

    Maak die oop graf werklik al die verskil - nou reeds - in jou lewe? Dit behoort!

    GEBED:  Opgestane Jesus, Heerser aan die regterhand van God:  leer my hoe om vanuit die krag van U opstanding te leef.


    KUNS-BRON: Borduurkuns in die Word Made Flesh-gemeentesentrum in Wilmore in die VSA. Die tapisserie beeld 'n menigte uit wat na die kruis reis. 

    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/

    MUSIEK:  Op Dag 9 van #Spoorlangs in Pase kyk ons na die nuwe musiekvideo van Retief Burger se lied “Sekelmaan”. 

    Twintig jaar nadat Retief lied geskryf het, sing die “hemelse Bruidegom steeds oor sy bruid”.  Hierdie is ’n splinternuwe simfoniese weergawe en spreek diep tot die grootste behoefte van elke mensehart... om liefgehê te word. Die bruid is gewone mense, oud en jonk, van elke nasie en taal - elkeen wat sal antwoord op hierdie liefdeslied en die offer wat Jesus aan die kruis betaal het sal aanvaar.

    https://youtu.be/vCCTZaJVvJg


    4 min
  • Dag 8 van meditasie-reeks #Spoorlangs in Pase

    Die Italiaanse psigiater, Dr Roberto Assiagoli, het sy pasiënte geleer, "Sonder vergifnis word die lewe bloot 'n eindelose siklus van wrokkigheid en vergelding."  Hoe reg was hy nie. So straf mense mekaar vir dekades lank, omdat hulle nie kan vergewe nie.  So straf 'n mens jouself soms ook vir dekades lank, omdat jy jouself nie kan vergewe nie. 

    Sou Petrus homself ooit kon vergewe dat hy Jesus - in Sy uur van nood - toe tog versaak het? Sou elke haan wat hy ooit weer - ná daardie bitter aand - hoor kraai, hom nie aan sy lafhartigheid herinner het nie?  As skuldgevoel en spyt vir Judas Iskariot na sy dood gedryf het, sou dit nie ook met Petrus kon gebeur nie?

    Vandat die jong man daardie Sondagoggend by die graf vir Maria Magdalena gesê het, "Gaan vertel  vir die dissipels en in die besonder vir Petrus" (Mark 16:7) weet ons dat daar 'n "oomblik van waarheid" vir Petrus moet aanbreek.  Daardie oomblik wat Petrus die eindelose siklus van skuldgevoelens sal moet verbreek.  En dat die evangelie van Johannes dit juis tot die laaste bladsy  bêre is so betekenisvol:  die opstanding impliseer vir Petrus 'n nuwe begin (Joh 21:15-19).  

    "Petrus, het jy My lief?"  Eers teen die derde keer dat Jesus dit vra, kon 'n bedroefde Petrus nie meer in ontkenning leef nie:  "Here, U weet alles" (21:17).  Níks is vir U 'n geheim nie!  Ek dink dat Petrus se derde "U weet dat ek U liefhet" dalk net 'n fluistering moes wees.  Geen brawade meer oor nie!   

    Enige haan sou hierna kon kraai.  Petrus was vry!  Elke las is afgegooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en hy kon die wedloop met volharding hardloop (Heb 12:1). Tot sy dood toe!

    GEBED:  Here, as U opstanding vir Petrus hoop en bevryding kon bied; dankie dat U dit vir my ook wil gee.  

    SKETS-BRON:  ’n Miniatuur-skets van Petrus en die Haan in die Chludov Psalter uit die 9de eeu. 

    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    MUSIEK:  Op Dag 8 van #Spoorlangs in Pase kyk ons na die lewendige video-opname van “Lord You Know All Things” deur Olivia Buckles en OneEleven Music in Amsterdam.

    Uit die liriek:

    Obedience in weakness is the evidence of love
    Sometimes I feel like Peter, remind me of our love
    Even though I cannot see You, I believe You
    You know all things, You know that I love You 
    Help me to walk it out

    https://youtu.be/GP_5qwSS9Xk

    5 min
  • Dag 7 van meditasie-reeks #Spoorlangs in Pase

    Vir christene is géén dag belangriker as Jesus se opstandingsdag nie.  Of soos Prof Dirkie Smit skryf, "Die opstanding vorm die hart van die Christelike lewe.”  Hy sê, “Die evangelie van Jesus Christus is 'n opstandingsevangelie." 

     

    Ja, Paassondag is vir my "'n belangrike" dag; maar "díé belangrikste"? Ek wonder. Trek ek elke oggend my kamergordyne oop met 'n halleluja:  Jesus het opgestaan!? Helaas, nee.  Dit is nie dat ek nie glo nie … inteendeel … dit is dat ek vergeet! Die lewe gaan aan!   

     

    Jesus het gesê Petrus en die ander dissipels moet vir Hom in Galilea gaan ontmoet.  Hoe lank moet hulle nou wag?  Petrus het klaarblyklik ook gedink: laat die lewe aangaan.  "Wie gaan saam, ek gaan visvang" (Joh 21:2).  Sy ses maters klim dan ook maar saam in die skuit.  

     

    Maar wat 'n teleurstellende aand!  Of was dit?

     

    Juis daardie aand kies Jesus om die derde keer aan die dissipels te verskyn (Joh 21:1-14).  Wat 'n aand word dit nie!  Van mismoedigheid oor 'n ganse nag met leë nette verander dit na 'n oggend in oorvloed!  Méér as net visse word gevang - die Opgestane Messias verskyn.  Die uitsigloosheid maak plek vir hoop!  "Toe hulle aan land kom, sien hulle 'n vuur brand en 'n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook" (21:9).  Soos Jesus eens die honger skare gevoed het, so voed Hy nou sy honger vriende. Sewe van hulle.   

     

    Is dit "toevallig" dat dit sewe dissipels is?  Sewe, die volmaakte getal? Die getal wat alles en almal insluit?  Mag … moet … ons onsself dalk by daardie getal insluit?  Is die ontmoeting met Jesus op die strand nie vir ons ook die herinnering dat die lewe net nooit weer gewoonweg kan voortgaan as jy die Opgestane Messias ontmoet nie? Ek dink so!  

     

    GEBED:  Here, maak U opstanding ook die prioriteit in my daaglikse lewe.

     

    KUNS-BRON:  “Wondervangs van Visse” (1515) is ’n kleurskets vir borduurwerk deur ’n Italiaanse skilder en argitek, Raphael.  Die werk word deur die Britse Koningin geleen aan die Victoria en Albert Museum in Londen. 

       

    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    MUSIEK: Op Dag 7 van #Spoorlangs in Pase kyk ons na die musiekvideo “Spirit and the Bride” van Joshua Aaron wat in die omgewing van die See van Galilea verfilm is. Joshua is 'n bekroonde Amerikaanse-Israeliese sanger en liedjieskrywer. Hy woon naby die See van Galilea saam met sy vrou Jeannie en hulle 5 kinders. Sy musiek, wat in Engels en Hebreeus gesing word, vermeng 'n groot verskeidenheid klanke, waaronder tradisionele Joodse genres, wat miljoene luisteraars van alle nasies en tale bereik.

     

     

    Uit die liriek:

     

    Let the one hears (the Savior) say, “Come”

    And let the one who is thirsty Come

    Behold! the Alpha and Omega, Beginning and the End

    In Him we will never, never thirst again

    HaRuach v’hakala omrim bo

     

     https://youtu.be/VTkgv26DcLA

     

       

    POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks  daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg.  Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/


    4 min

About Ronell Bezuidenhout: Daaglikse meditasie-potgooi en Veelkleurig-onderhoude

From the publisher's feed

Luister na daaglikse potgooie met geloofsnadenke deur die teoloog en leraar, dr. Ronell Bezuidenhout. Jy kan beslis verwag om uitgedaag te word. Ronell se fokus is om “hoop” deur haar boodskappe…