
Sign up to save your podcasts
Or


'n Besondere gebed van die Kerkvader, Augustinus, trek my aandag:
Blaas asem in my in, o Heilige Gees, dat al my gedagtes heilig kan wees.
Werk in my, o Heilige Gees, dat my werk ook heilig kan wees.
Roer my hart, o Heilige Gees, dat ek net kan liefhê wat heilig is.
Versterk my, o Heilige Gees, dat ek alles wat heilig is, kan verdedig.
Bewaar my, o Heilige Gees, dat ek sélf altyd heilig kan wees.
Ek wonder of ek dieselfde intense begeerte het om heilig wees? "Moet jou tog net nie heilig hou nie" wek eerder by ons die idee dat heiligheid iets negatief is. Dalk het "wat onheilig is" so gewoon-bekend geraak. 'n Heilige lewe klink net so duskant 'n baie strak (amper vervelige) lewe. Tog is heiigheid (en die teenoorgestelde: onheiligheid) juis waaroor Lydenstyd gaan: die selfondersoek of heilig-wees steeds my grootste roeping is?
Beide Ou en Nuwe Testament stel dit as ons roeping: "Ek is die Here julle God. Wy julle aan my diens en wees heilig, want Ek is heilig. " (Lev 11:44 en 1 Pet 1:16). Het dit jou al ooit opgeval dat die Bybel juis met gedagtes oor heiligheid begin én eindig. “… Wie doen wat reg is, moet voortgaan om reg te doen, en wie heilig is, moet heilig bly” (Open 22:11). En in Genesis 17 kry Abraham die opdrag om homself aan God te toe te wy: "Ek is God die Almagtige. Lewe naby My en wees opreg! (vers 1).
Lewe naby My! Lewe so na aan My dat jy My gedagtes begin dink. Dat My werk jou werk word. Dat wat Ek liefhet, jy sal liefhê en sal verdedig. Dat wat vir My heilig is, vir jou heilig sal wees.
Dit is vandag my en jou roeping: Lewe naby My!
GEBED: O Heilige Gees, vandag bid ek Augustinus se gebed oor myself.
ETSDRUK-BRON: “Kerkvader Augustinus van Hippo” deur Antonie Wierixin 1585. Die etswerk is tans in die Rijksmuseum in Amsterdam.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 30 van #Spoorlangs luister ons na Laura Dong se weergawe van “Hymn to the Holy Spirit”. Die lied se liriek is van 'n gebed deur Augustinus. Die komponis is Ds. Nicolas Echeveria.
https://youtu.be/ulsp_3q1Gug
'n Vriend vertel hierdie storie van 'n boer wat 'n wilde perd vang en tem. "Oe, hoe gelukkig", beny al sy bure hom. "Dalk, dalk nie," antwoord die boer toe. 'n Paar maande spring die perd oor die heining en hardloop weg. "Oe, hoe ongelukkig!" Weereens is sy antwoord: "Ja, dalk, dalk nie." 'n Week of twee later is daar 'n handvol wilde perde wat saam met die getemde een op die plaas opdaag. "Oe, jy is darem gelukkig," verklaar die bure. "Wie weet, dalk, dalk nie." 'n Dag of wat later is daar 'n slegte ongeluk op die plaas … een van die wilde perde het sy seun afgegooi en sy been is gebreek. "Oijoi, dis ongelukkig". Ja, teen die tyd weet ons: dalk, dalk nie. 'n Ruk later breek 'n oorlog uit en al die seuns word opgeroep vir diensplig. "Jy is darem gelukkig, nou hoef jou seun nie te gaan nie!" Hoe sal ons nou weet wat voorlê, né… Soos Job seker sou sê, " As ons die goeie van God aanvaar, moet ons nie ook die slegte aanvaar nie?" (2:10).
Dit raak 'n lewenskuns om te leer om nie "sleg" en "goed" teen mekaar af te speel nie, maar eerder bloot te weet, beide gebeur midde in God se hand. Herinner Paulus ons nie ook daaraan as hy sê, "Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard" (Rom 8:35-39).
Die lewe bied "die volle pakkie" aan elke mens. Dit is mos betekenisvol dat Lydenstyd die Advents- en Kerstyd dadelik opvolg. Soos ons mekaar altyd herinner: in die krip lê reeds die kruis. En Goeie Vrydag word áltyd opgevolg met Opstandingsondag. Ons vergeet dit net te vinnig!
GEBED: Hou my oë op U gevestig, Here, en nie op my omstandighede nie.
SKETS-BRON: “Die Hand van God” 1511 deur Michelangelo Buonarroti in rooi kryt. Die skets was vir die detail op die Sistynse Kapel plafon waarin God die vonk van die lewe aan Adam oordra.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
4 Apr
MUSIEK: Op Dag 29 van #Spoorlangs luister ons na “Niks Kan My Skei Nie” deur Lisbé Visser. Sy het die lied saam met Nicolene Botha geskryf.
https://youtu.be/E4xS1kFwXuk
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Die groot Russiese skrywer, Anton Checkov, het gesê, "Moenie vir my sê die maan skyn nie. Wys vir my die glans van maanlig op gebreekte glas." Laat die maanlig praat, al is dit 'n gebroke poging. "Show, don't tell."
In 1 Kor 1:18-31 skryf Paulus dat die Grieke dink hulle kan God met filosofiese gesprekke beredeneer; vir die Jode draai alles weer rondom wonderwerke Dan … "show, don't tell"… Paulus steek sy vinger uit en wys na die kruis. Net dit. Daar is God: "Die boodskap van die kruis van Christus is.. die krag van God" (1 Kor 1:18).
Julle dink julle kan Jesus met argumente beredeneer, Grieke (en hedendaagse wetenskaplikes en slimmes). Julle wou van Jesus iets anders maak as wat hy is, Jode (en hedendaagse gelowiges wat julle "eie" Jesus skep om julle te pas). Maar, dáár is God aan die woord. Hard en duidelik. Jesus, die een wat dáár hang, Hy doen die praatwerk. Hy ís God se eerste en God se laaste Woord.
Deur Jesus dood te maak, wou Rome Jesus as 'n politieke bedreiging uit die weg ruim. Waarom wou die Jode dit doen? Hulle verwagte Messias moes die Jode se eer herstel, en Jesus wou God se eer herstel. Deur Jesus dood te maak, kon hulle Sy Woorde saam met hom laat sterf. Wat was die inhoud van Jesus se woorde? Dink mooi, bykans al Jesus se praatjies het begin met: "Die koninkryk van God is…". Soos Paulus verduidelik: "Die koninkryk van God is immers nie 'n saak van praatjies nie, maar van krag" (1 Kor 4:20). Die krag van 'n oopgerolde grafsteen (aldus Ef. 1:18).
Daardie Vrydag was die grootste "gekkedag". Want, helaas, God is nie dood nie. God leef. Hierdie dag is Sondag. Ons wéét wat wag…
GEBED: Leer my om weg te draai van myself en in U rigting te wys, Here.
SKILDERY-BRON: “Kingdom Of God” is in gemengde media deur John Dunigan (2014). Lees meer by https://fineartamerica.com/featured/kingdom-of-god-john-dunigan.html
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
'n Laaste gedagte oor hongerte en dors: verbeel jou hy is die een wat bakhand, pleitend, staan vir 'n aalmoes. As iemand jou dalk net raaksien en vir jou iets gee - maak nie saak wat dit is nie, droë brood, 'n beker water. Maar niemand maak eers oogkontak nie. Mense skud jou af asof jy 'n lastige vlieg is. Jy het die vuilgoeddrom probeer, maar vandag is jy nie gelukkig nie… Dalk, as jy by die ingang staan waar mense met hul wegneemetes uitstap sal iemand sien … maar al wat gebeur is die reuk van gebraaide hoender herinner jou aan jou mislukkings en jou verkeerde keuses.
En dan… Die man neem jou aan die hand en trek jou die winkel binne; laat sit jou by 'n tafel; gee 'n spyskaart: "bestel gunsteling." - nog nooit het iemand vir jóú so spesiaal laat voel nie! Uit die beker water skink hy selfs vir jou 'n glas, tot bo! Jy voel soos 'n koning; vergete is die verslete klere. Jy weet mense staar…
"U laat my by 'n feesmaal aansit, terwyl my teëstanders moet toekyk. U ontvang my soos 'n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor" (Ps 23:5, 1983 + 1953).
Jy is verkwik, wetend iets "heiligs" het gebeur. Jy voel "soos 'n nuwe mens." Versadig, maar nie net aan jou honger nie, veel meer. Dit was goed! Jy onthou sy woorde (dit voel asof die man steeds by jou is): "Kom elke dag, ja, kom, koop sonder geld en sonder prys, wyn en melk" (Jes 55:1). Elke dag!
'n Sprokie? Wensdenkery? "Wake up and smell the roses?" Helaas, nee, dit is die Evangelie.
GEBED: Ek besef ek dink te veel van myself, en dit maak dat ek te min van U verwag. Draai dit asseblief om!
WATERVERF-INSPIRASIE: “Ek sal woon" is 'n waterverf wat geïnspireer is deur die laaste vers van Psalm 23 deur Sara Joseph. Sy skryf: “Dit is vinnig in een sessie geverf. Waterverf behou slegs sy varsheid wanneer dit nie oorwerk is nie. As ek nie vinnig gewerk het nie, sou ek waarskynlik toegee aan my neiging om met die skildery te versmelt, lank nadat dit as volledig beskou moet word” Lees meer by https://www.christian-artist-resource.com/psalm-23.html
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 28 van #Spoorlangs luister ons na “Herder 23” van InVia Musiek. Die oorspronklike woorde is deur Danie Du Toit met oorspronklike musiek-toonsetting deur Frieda van den Heever.
https://youtu.be/wS6JR9Jmkts
Gekkedag. In 1393 het Geoffrey Chaucer in sy "Canterbury Tales" reeds oor die sg. "Fools' Day" geskryf. Toe reeds is hierdie lawwe dag op 1 April gevier: 'n dag waarop almal vir almal poetse bak; en almal lag, selfs die een wat moes deurloop. Toevallig was dit as 'n "kerklike feesdag" beskou. Na 'n heerlike dag vol grappe, keer die gelowiges terug kerk toe; en daar is hulle as sg. "fools' for Christ" geseën … gereed om voort te gaan met die voorbereiding vir die Heilige Week en Goeie Vrydag wat voorlê.
Daar is waarskynlik geen groter "gekkedag" as daardie dag nie. Hoe dwaas ("foolish") kon mense wees om God te wil doodmaak. Daarom skryf Paulus in 1 Kor 1:25, "Wat vir die wêreld die onsin van God is (m.a.w., God word as die "gek" beskou), is groter wysheid as die wysheid van mense, en wat vir die wêreld die swakheid van God is, is groter krag as die krag van mense." Of, soos Die Boodskap dit vertaal: "Die 'domste' ding wat God volgens die wêreld kan doen, is ver slimmer as die heel slimste ding wat die slimste mens kan uitdink."
Ons roeping as gelowiges is juis om die "gekste" dinge moontlik te doen: om die Samaritaan te wees wat 'n vreemdeling bystaan; om jou "ander wang" te draai; om jou vyand lief te hê; om "70x7" keer te vergewe; om jou eie besittings weg te gee aan ander wat nie het nie. Is die "gekste" ding nie om Jesus tussen die "weggooimense" (aldus Matt 25:31-46) te gaan soek nie?
Ons wil soms so graag "inpas" by ander; terwyl Jesus juis "uit pas" opgetree het. Dalk is "Gekkedag" die beste dag om dit te begin inoefen.
GEBED: Nie wat mense wil nie, Here, maar wat U wil … maak dít my lewensleuse.
SKILDERY-BRON: Die Nederlandse skilder Jacob Cornelisz van Oostsanense se Laggende Dwaas (1500) in olieverf op paneel. Tans in die Davis Museum by die Wellesley College.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
#Spoorlangs #LeefHoop #ElkeDag
MUSIEK: Op Dag 27 van #Spoorlangs, 1 April 2022, luister ons na die lied “Fools for Christ”
Helen Yousaf se album Custodians of Fire.
Uit die liriek:
Calling all of you fools for Christ
You’ll never be put to shame
So die to yourself again
Calling all you crazy, passionate, lovers of Christ
I know you by name can we have this dance?
So sing out the song that you’re singing
When you sing out the song that you’re singing
How you bless me how you bless me
When you sing out the song that you’re singing,
when you sing out the song……Heaven smiles!
https://youtu.be/0WzORM1U-oM
Dit is vanselfsprekend dat gedagtes oor die geloofsdissipline van vas by hongerte en dors sal draai. Die geloofsgewoonte van vas is om ons normale lewenspatroon te "ontwrig." Dit is juis hierdie ontwrigting wat ons na God laat draai. Dit is ook een van die redes waarom ons in Lydenstyd 'n 40 dae lange geloofsreis - SPOORLANGS - stap: om ons uit ons gemaklike (en soms sondige) patrone te dwing.
Ek beleef dit in myself: My vastyd het my al meer van my eie "issigrimmigheid" bewus gemaak. Aanvanklik het ek gedink dat dit net 'n "simptoom" van hongerwees is. My sit by God - in plaas van by die etenstafel - het my algaande laat besef dat my maklike geïrriteerdheid dieper ondersoek moet word. My vas het my "sonde" na vore gebring, en die Gees lei my om met 'n nuwe vas te begin: om my tong daarvan te weerhou om te vinnig te antwoord. Is dit nie ook vas nie?
Ons het almal in ons lewens tye van "heilige ongemak" nodig. Geloofsgewoontes is beslis 'n hulpmiddel daarmee. Beskou dit soos die tafels wat Jesus in jou lewe, metafories, gesproke, wil omgooi (Matt 21:12-13). Dit is nie maar net 'n geïrriteerde Jesus wat die tafels rondgooi nie; dit is juis omdat Jesus die tempel wil herstel tot wat dit bedoel is om te wees: 'n heilige aanbiddingsplek. Soos wat ons ook bedoel is om te wees.
Die kerkvader, Martin Luther, het gesê, "hoe heiliger, hoe sondiger." Met ander woorde, hoe meer jy die mens word wat God jou bedoel het om te wees, hoe meer raak jy bewus van die houvas van sonde op jou eie lewe. Ons lewe altyd in die spanningsveld van "alreeds" en "nog nie".
Laat die Gees vandag toe om by jou ook 'n heilige ongemak te skep waar dit nodig mag wees.
GEBED: Heilige Gees, maak van hierdie vas-tyd 'n skoonmaak-tyd in my lewe.
SKILDERY-BRON: Dié skildery van die uitdryf van handelaars uit die tempel is deur die Italiaanse skilder Scarsellino in olieverf op doek. Dit is tussen 1580 en 1585 geskilder.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 26 van #Spoorlangs kyk ons na ’n musiekvideo van “The Anchor of my soul” geskryf deur Clement Martin en opgeneem deur die Vredelust Worship-groep in Kaapstad.
Uit die liriek:
Jesus Jesus
You’re the name above all names
You’re the Lord of everything
You are my hope in a hopeless world
My tower of strength when nothing seems to work
You’re the glimmer of light in my darkest hour
Jesus Jesus
You’re the anchor of my soul
Die groep skryf op YouTube: "Die jaar 2020 en 2021 was moeilike jare. Hopeloosheid het in enige vorm, om elke hoek en draai, opgeduik. Ons het pyn, verlies en ander traumatiese gebeure ervaar. Te midde van al die chaos hou ons standvastig by die Een ware Anker. Ons hoop in 'n hopelose wêreld. Ons toring van krag wanneer niks anders lyk of dit werk nie."
https://youtu.be/He9l3oqpxAM
Nie net Amos verwys na "honger en dors" nie (sien Dag 24); dit kom ook uit Jesus se mond: "Geseënd is die wat honger en dors na wat reg is …" (Matt 5: 6). Waarom was dit vir Jesus só belangrik? Omdat dit die kenmerk is van hoe daar in God se koninkryk regeer word.
'n Behoefte na regverdigheid is van kleintyd af by ons aanwesig. Niks is so erg soos om aan die pen te moet ry vir iets wat jy nie gedoen het nie. "Maar dit is onregverdig", hoor ek myself protesteer. Dit is presies wat Jesus leer: soos jou eie behoefte vir regverdige behandeling is, so moet jou behoefte ook wees na ander se regverdige behandeling. Begin jou in die skoene van jou medemens plaas. Dit is die lewensingesteldheid van die "burgers van God se koninkryk."
Ek wonder of Jesus dalk hier aan 'n koning van ouds gedink het wat bekend was vir sy wysheid: Koning Salomo. Salomo het juis gebid, toe God hom enige wens gee om vervul te word: "Gee dus (my) 'n opmerksame hart om reg te spreek …, om tussen goed en kwaad te onderskei" (1 Kon 3:9, 1953-vert). Gee aan my die brandende begeerte om die regte keuses te maak, nie net wat goed is vir myself nie, maar ook vir ander. Gee ook aan my selfs 'n groter begeerte om namens die een op te staan wat hulself nie teen onreg kan beskerm nie.
Die saligspreuke van Jesus is soos voetstappe wat jou spoorlangs lei. Treetjie vir treetjie begin jy honger en dors word na dieselfde dinge waaroor Jesus honger en dors was: dat God se wil sal geskied. Sulke mense is gelukkige mense!
GEBED: Soos Salomo bid ek ook vir insig en gehoorsaamheid om U te vertrou, tree vir tree.
SKILDERY-BRON: “Die Wysheid van Salomo” is 'n 1640 olie op doek skildery deur Matthias Stom. Dit is voorheen besit deur Principe Carcafa d'Andria van Napels, is dit nou in die Museum van Beeldende Kunste Houston, wie se aankoop daarvan in 1970 deur die Laurence H. Favrot nalating befonds is.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
30 mrt
MUSIEK: Op Dag 25 van #Spoorlangs kyk ons na ’n grendeltyd-video van “Laat U Wil Geskied” geskryf deur Johan Serfontein gebaseer op Matteus 6:9-13. Die lied is opgeneem deur die Impetus Gemeente in Port Elizabeth.
https://youtu.be/rrBjWjelymg
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op Dag 25 van #Spoorlangs kyk ons na ’n grendeltyd-video van “Laat U Wil Geskied” geskryf deur Johan Serfontein gebaseer op Matteus 6:9-13. Die lied is opgeneem deur die Impetus Gemeente in Port Elizabeth.
https://youtu.be/rrBjWjelymg
Gister (Dag 23) se gebed ("Dat dit na U is wat ek sal honger en dors") het my diep laat dink. Om honger en dors te wees na God, is sekerlik net dit: om die begeerte te hê om aan God gehoorsaam te wees. M.a.w., om te wil, dít wat God wil.
Daar is twee plekke in die Bybel waar die begrip - "honger en dors" as 'n eenheid voorkom. Een lees ons in die boek van Amos. Amos het 'n moeilike taak gehad: hy moes oordeel spreek oor 'n volk wie se begeerte juis teenoor die wil van God gestaan het. In plaas van versorgers was hulle uitbuiters. In plaas van deernis was daar selfverryking. O ja, hulle het al die regte dinge bolangs gedoen … maar die lakmoestoets (vir alle mense, ook vir ons) sal altyd wees hoe jy die minderbevoorregtes behandel. Vandaar die profesie van Amos: "Daar kom dae, sê die Here my God, dat Ek 'n honger oor die aarde laat kom: 'n honger nie na kos nie, 'n dors nie na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor" (Amos 8:11).
Wat 'n skrikwekkende gedagte: dat daar 'n tyd kan kom waar God se stem stil raak. Nie omdat God ophou om te praat nie; maar omdat jy jou "geestelike gehoorapparaat" vir God afgedraai het. God kan maar praat en praat, maar jy hoor niks.
'n Spoorlangs-beginsel: Hoe meer ons God soek, hoe meer sal ons van God kry en hoe meer sal ons van God wil hê. Hoe minder ons God soek; hoe minder sal ons begeerte na God wees, totdat dit ons begeerte na God heeltemal ophou.
GEBED: Soos Dawid pleit ek ook: "Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U …". (N.a.v. Psalm 63:2)
BRON-SKILDERY: “Die Profeet Amos” geskilder op hout deur die Spaanse skilder Juan de Borgoña (1470 – 1536).
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Mrt 29
MUSIEK: Op Dag 24 van #Spoorlangs luister ons na Michael Joncas se lied “My Soul Is Thirsting” wat hy saam met Patricia Baugh-Newburg, Bonnie Faber, Sandy Homb, Kevin Carlson, Dave Michel en Patrice Pakiz opgeneem het.
Uit die liriek:
My soul is thirsting,
My soul is thirsting for you,
O Lord my God.
O God, you are my God whom I seek;
For you my flesh pines, my soul thirsts
My soul thirsts like the earth, parched,
Parched, lifeless, without water.
Michael Joncas is 'n priester, liturgiese teoloog en komponis van kontemporêre Katolieke musiek, veral bekend vir sy gesang, "On Eagle's Wings". Hy het in 1978 'n meestersgraad in liturgie van die Universiteit van Notre Dame ontvang . Hy gee klas aan die Universiteit van St Thomas en aan die Universiteit van Notre Dame.
https://youtu.be/oUNBJ_yTAYU
Dink ek aan "vas", voel dit vir my soos 'n "Maandag-onderwerp." As 'n vrou wat my ganse volwasse lewe 'n wipplank-verhouding met die skaal het, is "vas" vir my gelyk aan "honger-ly". Hoe baie het ek nog om te leer, want om te vas gaan oor 'n ganse leefstyl - jou hongerpyn is net die herinnering daaraan!
Die drie geloofsgewoontes van Lydenstyd is nou verweef met mekaar. Al drie laat die vergrootglas heen-en-weer beweeg tussen onsself en God en ons naaste. Die een lei tot 'n helderder blik op die ander. Selfondersoek dwing 'n gelowige altyd tot gebed om vergifnis en vernuwing. Hoe kan jou hart vir God "oop" raak, maar jou hart bly geslote vir die nood van jou naaste? Dit is "hulpmiddels" wat ons help om ons fokus van onsself af weg te draai. Selfondersoek en skuldbelydenis loop hand aan hand. Deur op die nood van ander te fokus, dwing jou tot groter vrygewigheid en voorbidding. Vas is die geloofshulpmiddel wat ons met ons selfsugtige behoeftes konfronteer.
In 'n kultuur waar ons beswaarlik onsself van enigiets hoef te ontsê, is ons (ek) so gewoond aan gemak, dat ons maklik dink ons kan nie daarsonder nie. Dit gaan oor ons onversadigbare honger na nóg en méér en beter. Dit gaan oor ons geestelike hongersnood. Juis dit is waarop die gewoonte van vas wil fokus. Wel oor 'n lewe van eenvoud ter wille van geloofsrykdom. Dit gaan oor prysgee, juis omdat jy nood (ook jou eie) herontdek.
Allermins gaan dit oor tevrede voel omdat jy vir 40 dae sonder brood of koffie oorleef het. Die toets sal altyd die welstand van jou medemens wees. Ook wanneer ons vas. Want leer Jes 58:7 ons nie juis dat die vas wat die Here wil hê, " … dat jy jou medemens nie aan sy lot oorlaat nie" (58:7).
GEBED: Here, dit is na U wat ek honger en dors is. Stroop my van al die onnodige oorskiet.
SKILDERY-BRON: “Christ in the Wilderness” olie op doek-skildery deur Ivan Kramskoy (1872). Tans in die Tretyakov Gallery in Moskou.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
Mrt. 28
MUSIEK: Op Dag 23 van #Spoorlangs kyk ons na die pas vrygestelde musiekvideo van Katy Nichole (22) se nuwe lied "In Jesus Name (God of Possible)". Dié lied is bo aan alle Christelike Musiek trefferlyste en het ook die iTunes Christian & Gospel Songs-lys vir agt agtereenvolgende weke tot dusver beklee en nog nooit No. 1 verlaat sedert dit Jan. 26 vrygestel het nie.
Die vrystelling van haar eerste konsepmusiekvideo en 'n klavierweergawe van die liedjie wat aanvanklik op haar TikTok deur miljoene mense gedeel is, is nou nog meer gewild.
Uit die liriek:
I speak the name of Jesus over you
In your hurting, in your sorrow
I will ask my God to move
I speak the name cause it’s all that I can do
In desperation, I’ll seek heaven
And pray this for you
I pray for your healing
That circumstances would change
I pray that the fear inside would flee
In Jesus name
I pray that a breakthrough would happen today
I pray miracles over your life in
Jesus name
https://youtu.be/ihrUIPfvTh8
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
"Wees bly saam met Jerusalem en juig saam met haar, almal wat haar liefhet. Wees vrolik saam met haar, almal wat oor haar getreur het." Hierdie woorde van Jes 66:10 klink allermins soos 'n teks vir Lydenstyd. Of wat van Psalm 34:2 en 4: "Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. …Sing saam met my oor die grootheid van die Here en laat ons saam sy Naam prys"? Ook hierdie Psalm is een van dié wat jaar-na-jaar op die vierde Sondag van Lydenstyd gelees word. Vreemd, né - Lydenstyd is mos nog nie verby nie. Die graf gaan mos eers Paassondag oop.
Behalwe dat die vierde Sondag van Lydenstyd die ganse ritme verbreek. Ons is nou presies halfpad met ons lydenstydseisoen. Vandag is "Laetare Sondag." Dit is die woord waarmee christene vir eeue lank die erediens mee begin: "Laetare!" "Laetare!" Juig! Vandag is die Sondag van feesvier en vrolik wees; van sing en bly wees.
Luister net waaroor Dawid alles 'n blydskapslied sing: "Dié wat swaar kry, sien op na Hom en straal van blydskap, hulle word nie teleurgestel in hulle verwagting nie (v6). Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle. Kom ondervind en sien self dat die Here goed is! Dit gaan goed met die mens wat by Hom skuil (v8-9). Die Here is naby die gebrokenes, Hy help die moedeloses. Al word die regverdige ook deur hoeveel rampe getref die Here red hom uit almal (v19-20).
Dit is só 'n vreugdevolle dag dat paartjies deur al die eeue die dag uitgesonder het om te trou. Op Blydskapsdag. Nou is die vraag, waaroor sal jy vandag wil juig? Hoe sal jóú loflied klink?
GEBED: Here, ek bid vandag vir almal wie se lewens uitmekaar val. Mag elkeen weet dat U by hulle is.
SKETS-BRON: Die Roos-skets is van die Klooster in Lufkin in die VSA se blog. Op hierdie mag prietsers rooskleurige togas dra.
POTGOOIE: Jy kan die dagstukkies van die #Spoorlangs -reeks daagliks op alle bekende potgooi-platforms volg. Vir meer inligting: https://ronellbezuidenhout.buzzsprout.com/
MUSIEK: Op die 4de Sondag van Lydenstyd, as deel van ons reeks #Spoorlangs, luister ons vandag na “Introit Laetare Ierusalem” deur die koor van die “Knights of the Immaculata”-beweging.
’n Introit of introitus is die sang wat gebruik word om die ingangsoptog by die mis in die katoliekekerk te vergesel. Dit neem gewoonlik die vorm van ’n Psalmvers aan, maar kan uitgebrei word met ekstra psalm verse (met herhalings) vir langer optogte. In baie Protestantse tradisies verwys "Introit" na die “Oproep tot Aanbidding”. ’n Kort 'ingaan' in die gees van gebed.
https://youtu.be/1ujrmR8OQaY
From the publisher's feed