PG du Plessis se bekroonde Hertzogprys-drama, Die Nag van Legio, word van 14 November af vir 'n kort speelvak by Kunstekaap-Arena aangebied. Dit was vroeër vanjaar as opdragwerk by Innibos aangebied, gevolg deur die Vrystaatse Kunstefees. Johan van Lill het met regisseur Albert Maritz en Francois Potgieter, wat die verpleër speel, gesels.