Quanita Adams bied Nadia Davids se bekroonde solostuk, At Her Feet, aan. Dis die eerste keer in 13 jaar dat die stuk opgevoer word. Deur beweging, sang, monoloë en gedigte word gekyk na onder meer identiteit, Islam-fobie en Islamitiese feminisme deur die oë van vier Moslemvroue van Kaapstad. Johan van Lill het met Quanita Adams en Nadia Davids gesels.