Balletliefhebbers in Johannesburg en Kaapstad kan hulle regmaak vir een van die hoogtepunte op die kunskalender wanneer Joburg Ballet en Cape Town City Ballet kragte saamspan om SWANEMEER aan te bied. Terrance April gesels met Elroy Fillis-Bell, bestuurshoof, Dane Hurst, artistieke direkteur en Revol Yon, hoofdanser, van Joburg Ballet oor die samewerkingsprojek.