Volgens oorlewering sou die Griekse geskiedskrywer, Herodotus, glo vertel het dat die boodskapper, Philippides, in 490vC van die slagveld by Marathon af na Athene gehardloop het. Na bewering sou hy uitgeroep het dat die Atheners die Persiese aanval suksesvol afgeweer en die geveg gewen het, waarna hy dood neergeslaan het. Dié heldedaad sou die oorsprong wees van die marathon-wedloop. Johann Russouw vertel wat die waarheid is oor die ontstaan van die Olimpiese marathon, en hy weerlê verskeie mites wat vertel word oor die ontstaan van die marathon-wedloop.