'n Paar Suid-Afrikaners maak groot naam in die buiteland in verskeie motorwedrenformules, veral die Duitse formules, Deutsche Tourenwagen Masters (DTM) en ADAC GT Masters. Fritz Klaaste kyk na die twee broers, Kelvin en Sheldon van der Linde, se prestasie in dié reekse, en verwys ook na die Kapenaar, Jonathan Aberdein, se deelname.