Ilse Salzwedel en dr. Karen de Wet van UJ se Department Afrikaans, gesels oor Adriaan Coetzee se debuutdigbundel GORDEL, en Rosa Smit se bundel DIE ROOI VEER IN VASCO SE HOED. Ilse Salzwedel gesels met Marisa Haasbroek, skrywer van IEWERS VLIEG DAAR FAIRY DUST, 'n pragtige jeugboek wat in 'n wit plakkerskamp afspeel, en Daniella Day, skrywer van BLOU TRANE, 'n boeiende jeugverhaal oor kwessies soos dwelmverslawing. Johan Myburg is ook weer in die ateljee met 'n interessante insetsel.