Johan Myburg bring hulde aan NADINE GORDIMER, Nobelpryswenner en skrywer, wat verlede week in die ouderdom van 90 jaar oorlede is. Daar is ook ʼn kort uittreksel uit Gordimer se laaste radiogesprek. Ilse Salzwedel gesels met FANIE VILJOEN oor sy nuwe skokroman vir jongmense, PLEISTERS VIR DIE SIEL. Dit handel oor ʼn skoolskietery. SISKE JULIUS, wenner van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se POORT-skryfkompetisie, lees haar wenstuk en vertel hoekom sy so lief is vir Afrikaans.