Ons eregas en Chelsea fan, Jaco Bester, leer ons meer van Chelsea se interne strukture, die vrou wie al die shots call by die Blues en Lampard se ontwikkeling as hoofafrigter.
Ons bespreek ook ons voorspellings vir die kragmeting tussen Chelsea en Spurs by Stamford Bridge.
Verdien Poch 'n geleentheid by 'n groot club? Gaan Pep die Champions League kan wen met City nadat hy nou sy kontrak verleng het? Is James Milner die beste free transfer nog ooit?
Dit alles en nog vele meer lê voor in hierdie episode van jou nommer 1 Afrikaanse Podcast oor die Premier League, Fantasy Premier League en ander sokkernuus.