Na 'n onvergeetlike naweek in die Premier League ontleed ons die beste van die aksie.
Ons het lof vir Ranieri en sy Watford span wat teruggekom het en vir Everton 5-2 op Goodison Park geklop het.
Ons bespreek Thomas Tuchel en Chelsea se ongelooflike 7-0 oorwinning teen Norwhich.
Laaste maar nie die minste bespreek ons die resultaat van die naweek - Liverpool se 5-0 sege oor bitter vyande Manchester United op hul tuisveld, Old Trafford.
Kom luister saam!