Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!... more
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 891 episodes available.
August 27, 2025Kuns met kontant 27 Augustus 2025Deel 2: CJ van der Linde gesels oor die belangrikheid van familie, ondersteuning en finansiële verantwoordelikheid in sy lewe en loopbaan. Hy en sy gesin het doelbewus besluit om bymekaar te bly, eerder as om ver van mekaar oor internasionale waters te woon, en dit het gehelp om ’n gebalanseerde lewe te lei, veral noudat hulle sedert Julie vanjaar permanent in Pretoria woon. Hy deel ook finansiële foute vroeër in sy loopbaan, soos die bestuur van ’n verkoelingvervoerbesigheid, en hoe die leiding van sy pa en ’n betroubare finansiële adviseur hom gehelp het om verantwoordelike finansiële besluite te neem....more8minPlay
August 26, 2025RSG Help 26 Augustus 2025Joshua Milton is vanjaar se wenner van die RSG en Elizabeth Galloway Academy of Fashion se Matriekafskeidsprojek. Derrich Gardner hoor by hom wat nog nodig het vir sy matriekafskeid op Donderdag 2 Oktober....more5minPlay
August 21, 202510 Dinge wat jy moet weet van... 21 Augustus 2025Kyla Swanepoel vertel tien dinge wat jy van meerkatte moet weet....more10minPlay
August 20, 2025Kuns met kontant 20 Augustus 2025Deel 1: CJ van der Linde gesels oor die belangrikheid van familie, ondersteuning en finansiële verantwoordelikheid in sy lewe en loopbaan. Hy en sy gesin het doelbewus besluit om bymekaar te bly, eerder as om ver van mekaar oor internasionale waters te woon, en dit het gehelp om ’n gebalanseerde lewe te lei, veral noudat hulle sedert Julie vanjaar permanent in Pretoria woon. Hy deel ook finansiële foute vroeër in sy loopbaan, soos die bestuur van ’n verkoelingvervoerbesigheid, en hoe die leiding van sy pa en ’n betroubare finansiële adviseur hom gehelp het om verantwoordelike finansiële besluite te neem....more9minPlay
August 19, 2025RSG Help 19 Augustus 2025RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (YumYum-gemeenskapsprojek, Paarl)...more10minPlay
August 14, 202510 Dinge wat jy moet weet van... 14 Augustus 2025Tandarts dr. Ignis Terblanche vertel tien dinge wat jy van moderne tandheelkunde moet weet....more14minPlay
August 14, 2025Gerrie baljaar die wêreld volTV-aanbieder, wêreldreisiger en sanger, Gerrie Pretorius, het weer by RSG kom kuier. Hy vertel van sy onlangse toer na Maastricht, waar hy 'n Andre Rieu-konsert bygewoon het. Verder het hy ook baljaar in die water van die Adriatiese-see aan die Kroatiese kus. Eerdaags is hy ook op pad na Romenië....more14minPlay
August 13, 2025Kuns met kontant 13 Augustus 2025Deel 2: Breyton Paulse, gebore op 25 April 1976 in die Koue Bokkeveld, het op ‘n plaas grootgeword met ‘n eenvoudige leefstyl. Hy het nooit beplan om ‘n professionele rugbyspeler te word nie. Rugby was eerder ‘n passie as ‘n leefstyl. Terwyl hy aan Stellenbosch Universiteit studeer het, wou hy net sy studies voltooi en ‘n kliniese sielkundige word. Toe rugby in die laat 1990’s professioneel draai, het Breyton sy kans gekry, maar dit was nooit sy aanvanklike motivering om ryk te word nie. Hy het in 2007 sy tokse opgehang ná 64 toetswedstryde en 26 drieë. Hy het daarna aktief in sportkommentaar en televisie betrokke geraak. Professionele rugby het ‘n tydelike inkomste verskaf, maar hy het vroeg reeds besef dat dit nie vir ewig sal hou of vir sy oudag sorg nie. Hy het belanggestel in bemarking en media as loopbaankeuses ná sy speeljare. Breyton se pad weerspieël ‘n balans tussen eenvoud, passie en realisme. Hy het nie met geld of rykdom as doel begin nie – eerder het hy sy opleiding en liefde vir sport aangepak, en toe rugby professioneel word, het hy daarin geslaag om 'n loopbaan te bou....more9minPlay
August 12, 2025RSG Help 12 Augustus 2025RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen en hulle behoeftes. (HERD Trust)...more13minPlay
August 07, 202510 Dinge wat jy moet weet van... 7 Augustus 2025Veearts Danny de Vries vertel tien dinge wat jy van renosters moet weet....more12minPlay
FAQs about Spitstyd:How many episodes does Spitstyd have?The podcast currently has 891 episodes available.