Hoe nat is die aarde? Hierdie vraag sal deur die SNAP-satelliet, wat aan die einde van die maand gelanseer word, beantwoord word. Dr. Japie van Zyl, wat met die projek gemoeid is, vertel hoe die satelliet sal werk.
Greg Roberts van Kaapstad is 'n satellietjagter. Hy gesels oor die jongste soegenaamde spioenasiesatelliet wat Suid-Afrika onlangs gelanseer het. Hy vertel dat sulke satelliete gewoonlik in 'n poolbaan geplaas word, omdat hulle fotografiese toerusting aan boord het om die aarde af te neem.
Is dit 'n gegewe dat planete wat nader aan hulle ster wentel, rotsagtig sal wees, teenoor planete wat ver weg van hulle son is? Sal 'n groot planeet altyd gasagtig wees en 'n klein planeet rotsagtig?
Die span gesels oor kosmiese strale en hoe gevaarlik dit kan wees vir ruimtetuie en ruimtevaarders. Daar is ook 'n antwoord op die vraag of die son se magneetveld 'n indirekte invloed het op die klimaat van die aarde, en watter rol die son speel in klimaatsverandering.