Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 30 Nov 2014
    Ruimtevaartbeplanners maak dikwels van swaartekragversnelling-metodes gebruik. Dr. Japie van Zyl van Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, verduidelik wat dit behels. Daar is ook inligting oor gravitasielense.
    29 min
  • 23 Nov 2014
    Die span praat oor die Philae-landingstuig wat in 'n “komeet-slaap” modus ingegaan het. Daar is ook bespiegeling of daar sterre tussen die sterrestelsels is. En wat sou gebeur as twee sterrestelsels bots? Daar is aanduidings dat die Andromeda-stelsel stadig besig is om nader aan ons melkweg te beweeg.
    29 min
  • 16 Nov 2014
    Die afgelope week was 'n belangrike tyd vir die Europese Ruimte-agentskap toe die Philae landingsgtuig op die komeet Churyomov-Girasimenko geland het. Prof. Herman Steyn van die Universiteit van Stellenbosch, wat 'n aandeel gehad het in die sukses van die sending omdat hy betrokke was by die ontwikkeling van 'n momentumwiel wat op Philae gebruik is, praat oor die missie. Jy kan ook luister na 'n klank wat deur die komeet gemaak word en wat deur die Rosetta-satelliet ontvang is.
    31 min
  • 9 Nov 2014
    Wat is 'n sonfakkel? Kobus Olckers praat oor die kragtigheid van sonfakkels en watter skade hulle op die aarde kan berokken. Daar is ook inligting oor die Rosettatuig wat sy komeettuig, Philae, op die komeet Guryomov-Girasimenko gaan laat neerdaal en vasheg.
    28 min
  • 2 Nov 2014
    In teorie is dit moontlik om die sogenaamde warp-spoed te bereik. Dit is so vinnig dat ruimte as't ware skeefgetrek word, maar sê dr. Japie van Zyl, dit is nog net 'n teorie. Hy praat oor snelhede in die ruimte om korter reistye na planete te bewerkstellig. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor 'n komeet wat moontlik vroeg vandeesmaand in die suidelike halfrond sigbaar sal wees.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.