Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 21 Sep 2014
    Elke jaar vind daar 'n groot gebeurtenis in die sterrekundewêreld van Suid-Afrika plaas - Scopex. Dan kom 'n hele aantal amateursterrekundiges en teleskoopbouers saam om by die militêre museum in Johannesburg hulle ware uit te stal. Hennie Maas was daar. Hy praat met Wim Filmalter oor sy teleskoopbouery en astrofotografie.
    30 min
  • 14 Sep 2014
    Dit blyk dat die destydse gat in die osoonlaag reeds eeu gelede daar was. Die span gesels oor die argeologiese geskiedenis wat daarop dui dat die osoongat nie 'n nuwe verskynsel is nie. Daar is ook inligting oor die korrelasie tussen sonsiklusse en weerstoestande.
    27 min
  • 7 Sep 2014
    Wat maak jy as jy 'n gat op 'n ander planeet wil boor, en die rots waarin jy wil boor, wankel? Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalfornië vertel van hierdie probleem wat sy kop op Mars uitgesteek het. Die span praat ook oor die Churiomof-Girasimenko komeet en die Rosetta-satelliet.
    29 min
  • 31 Aug 2014
    Andromeda en ons melkweg is besig om stadig maar seker nader aan mekaar te beweeg. Wat is die moontlike gevolge van 'n botsing tussen die twee sterrestelsels? Daar is ook inligting oor die teleskoopbouer-byeenkoms, Scopex, wat op 13 September in Johannesburg plaasvind. Auke Slotegraaf vertel ook van die internasionale maankyk-aand.
    28 min
  • 24 Aug 2014
    Die Rosetta-ruimtetuig het sy opwagting gemaak by die Tjoerioemof-Girasimenko komeet. Die komeet is nie baie groot nie en het dus 'n lae massa. Wat word gedoen om die Rosettatuig in 'n wentelbaan om die komeet te plaas?
    30 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.