Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 13 Jul 2014
    Watter soort toerusting het mens nodig om die sonweer te voorspel? Kobus Olckers van Florida in die VSA gesels oor die metodes wat hy gebruik om sonweervoorspellings te doen. Die Lagrangepunt (waar die effek van die aarde en die van die son mekaar uitkanselleer) is ook 'n goeie posisie om son waarnemingsatelliete soos die SDO te plaas. Die span gesels uitgebreid oor die son en sy magneetveld.
    28 min
  • 6 Jul 2014
    Wanneer ruimtetuie van die aarde af na planete soos Jupiter en Saturnus gestuur word, is daar 'n asteroïdegordel in die pad. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Kalifornië verduidelik wat hulle doen om botsings met asteroïdes te vermy. Daar word ook gesels oor die dikte van die asteroïdegordel.
    29 min
  • 29 Jun 2014
    Magda Streicher van Polokwane het 'n groot teleskoop by haar huis ingerig en daar is vir haar niks lekkerder nie as om die diep ruim te bestudeer.
    30 min
  • 22 Jun 2014
    Een van die aanskoulike sterrestelsels wat van die aarde af sigbaar is, is die Andromeda-sterrestelsel wat 2,4 miljoen ligjaar van ons af is. Kan mens sê dat die lig wat 2,4 miljoen jaar gelede van daardie galaksie af vertrek het, teen 'n konstante 300,000 km per sekonde getrek het?
    30 min
  • 15 Jun 2014
    Die maan Saturnus het onlangs ge-okkulteer. Dit beteken dat die maan voor die ringplaneet verby beweeg het. Dit is moeilik om die verskynsel af te neem en Willie Koorts verduidelik hoe jy dit kan regkry. Prof. Matie Hoffman praat oor die elktromagnetiese spektrum.
    30 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.