Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 8 Jun 2014
    In die 1800's het 'n uitermatige groot sonfakkel redelike chaos op aarde veroorsaak. 'n Kleiner, beperkte een het in die 1980's skade aan infrastruktuur in Quebec, Kanada aangerig. Sonkenner, Kobus Olckers praat oor die gevare wat groot sonfakkels vir die aarde inhou. Vind ook uit oor die samestelling van die ringplaneet, Saturnus.
    28 min
  • 8 Jun 2014
    In die 1800's het 'n uitermatige groot sonfakkel redelike chaos op aarde veroorsaak. 'n Kleiner, beperkte een het in die 1980's skade aan infrastruktuur in Quebec, Kanada aangerig. Sonkenner, Kobus Olckers praat oor die gevare wat groot sonfakkels vir die aarde inhou. Vind ook uit oor die samestelling van die ringplaneet, Saturnus.
    28 min
  • 1 Jun 2014
    Hennie Maas praat met dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië oor die interessante projekte waarmee Nasa besig is. Een van die projekte is om 'n nuwe hitteskild tegnologie te ontwikkel wat swaarder voorwerpe in planete se atmosfeer kan hanteer. Hy gesels ook oor koördinate op planete soos Mars. Die ander gaste is Prof Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat en Kobus Olckers, die son weervoorspeller.
    30 min
  • 25 May 2014
    Die kosmos is een van T. T. Cloete se belangrikste temas in sy gedigte. Hennie Maas gesels met hom om uit te vind oor sy belangstelling in die sterre. Willie Koorts verduidelik meer oor die ontdekking van vyf nuwe sterre deur Suid-Afrikaanse sterrekundiges.
    25 min
  • 18 May 2014
    Ons almal ken 'n GPS waarmee jy jou posisie op die aarde kan bepaal, maar hoe word die posisie van sterre en planete aangedui? Watter rol speel boogsekondes, deklinasie en regte klimming wanneer jy 'n teleskoop gebruik?
    29 min
  • 11 May 2014
    Lizelke Clindt, nagraadse student in sterrekunde, vertel hoe 'n studie van sterrekunde 'n mens se sosiale en veral verhoudingslewe beinvloed. Prof. Matie Hoffman gesels ook oor son- en maansverduisterings.
    29 min
  • 4 May 2014
    Hoe vang mens 'n asteroïde? Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel van planne wat beraam word om juis dit te doen. Hy verduidelik ook hoe waterspuite gevind is op een van Saturnus se mane, Enceladus, en hoe vasgestel is dat dit suiwer water is.
    29 min
  • 27 Apr 2014
    Hennie Maas gesels met 'n nagraadse student in sterrekunde aan die Universiteit van die Vrystaat oor haar besluit om die rigting te bestudeer en hoe dit haar lewensuitkyk verander het. Daar is ook inligting oor hoe 'n klein planetarium wat in Kaapstad was, uiteindelik in Bloemfontein beland het.
    29 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.