Sterre en Planete

Sterre en Planete

By RSGScience
Download on the App Store

Sterre en Planete episodes

  • 17 Aug 2014
    Dit was onlangs Nasionale Wetenskapweek. Sterre en Planete was by die Boyden Sterrewag in Bloemfontein. Die deelnemers is prof. Matie Hoffman van die Universiteit van die Vrystaat, die Boyden Sterrewag en die digitale planetarium; prof. Pieter Meintjies, hoof van die Departement Sterrekunde aan die Universiteit van die Vrystaat; en Alida Odendaal, 'n doktorale student in sterrekunde. Alida gesels oor haar belangstellingsveld, X-straalbronne.
    29 min
  • 3 Aug 2014
    Wat maak jy as jy satelliete het wat om Mars wentel en jy weet 'n komeet gaan gevaarlik naby die rooi planeet verbyskuur? Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel watter maatreëls getref word om die Mars-satelliete teen komeetstofdeeltjies te beskerm. Hy vertel ook teen watter helling Curiosity teen die Sharp-berg moet opry en hoe die gryparm beweeg moet word sodat Curiosity nie omkantel nie.
    30 min
  • 27 Jul 2014
    Op 20 Julie was dit 45 jaar gelede dat die mens sy voet op die maan gesit het. 'n Mens hoef net te dink waar rekenaartegnologie in 1969 gestaan het om te besef watter merkwaardige prestasie die Amerikaners behaal het.
    27 min
  • 20 Jul 2014
    Hoekom word die maan soms 'n supermaan genoem? Daar is ook inligting oor waarom die maan of die son groter lyk as hy naby die horison is. Kobus Olckers, ons sonweervoorspeller, gesels oor die son en vertel van 'n interessante verskynsel.
    26 min

About Sterre en Planete

From the publisher's feed

Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.