Wat is die spoed van 'n komeet? Wat bepaal die spoed? Waarom is die relatiewe snelhede van planete om sonne verskillend? Wat sê Keppler se wet oor die verskynsel.
Opspraakwekkende inligting oor vulkane op die maan het pas na vore gekom. Daar is ook meer inligting oor die komeet Siding Spring wat Sondagaand baie naby Mars sal verbybeweeg.
Kobus Olckers verduidelik hoe 'n sonvlek ontstaan en waar die sogenaamde fakkels vandaan kom. Daar is ook inligting oor 'n fakkel van 'n ander ster wat duisende keer kragtiger as die van ons son is.
Mars is deesdae 'n planeet wat nogal baie besoekers ontvang. Die Maventuig van Nasa het so 'n rukkie gelede daar aangekom. Dr. Japie van Zyl van die Jet Propulsion Laboratory in Pasadena, Kalifornië, vertel meer oor die werk wat die Maven by die rooi planeet gaan doen. 'n Tuig van die Indiërs het ook intussen sy opwagting by Mars gemaak.
Hoe oud is die aarde, en is die sonnestelsel min of meer dieselfde ouderdom? Daar is ook inligting oor die Vredefortkoepel en die asteroïde, so groot soos Tafelberg, wat miljoene jare gelede uit die suide die aarde getref het.
27 min
About Sterre en Planete
From the publisher's feed
Kyk saam met RSG na die wonders van die hemelruim.